Die verf kan gebruik word vir die seël van barste in mure, op betonvloere voor dit geteël word, op alle strukture van sink en staal, soos afdakke, asook om sementdamme en waterkrippe waterdig te maak. Die verf voorkom roes en kan as ’n tipe stopverf gebruik word.
Dit is ’n nuttige oplossing vir die beskerming van ysterpale, om te keer dat dakplate roes, vir ou stalle, voertuigonderstelle en op houtstrukture.
Die verf kan ook op houtdakkappe, borswerings op geboue, vir opritte en plaveisels gebruik word. Die produk word landwyd per koerier afgelewer.