Party mense raak onmiddellik spandabelrig as hulle geld sien of as hulle weet dat daar geld beskikbaar raak. Ander raak weer vrekkerig en suinig, en pot alles op vir “eendag”. Dan is daar die geldgieriges wat net wil aanhou geld maak. ’n Ander groep is weer nie gepla oor geld nie.
Hulle kry swaar en voer ’n sukkelbestaan. Dit gaan uiteindelik oor jou ingesteldheid teenoor geld. Iemand wat ’n avonturier is wat wil bergklim, skubaduik, visvang, jag of wat ookal, weet dat hy of sy geld nodig het daarvoor en spaar daarvoor.
Die ander uiterste is mense wat geen ideale of vooruitsigte het nie en te min geld, en nog minder waagmoed, visie en durf, het om iets daaraan te doen. Die geheim van die lewe is om ’n middeweg te soek tussen al die uiterstes. Elkeen van ons het keuses. Behou net balans.