AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vuurwapen-wet: Dít is die implikasies

akkreditasie
Ben Fourie saam met mnr. Frikkie Marais, 
’n geakkrediteerde assessor, nadat Ben die eksamen en skietvereistes vir ’n swartkruit-bevoegdheidsertifikaat geslaag het. Dié kursus word vereis voor iemand ’n voorlaaier kan koop, maar met die nuwe wetswysiging sal dit amper onmoontlik 
wees om een te bekom.
Ben Fourie saam met mnr. Frikkie Marais, ’n geakkrediteerde assessor, nadat Ben die eksamen en skietvereistes vir ’n swartkruit-bevoegdheidsertifikaat geslaag het. Dié kursus word vereis voor iemand ’n voorlaaier kan koop, maar met die nuwe wetswysiging sal dit amper onmoontlik wees om een te bekom.
Die vuurwapengemeenskap is in rep en roer oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000). As al dié wysigings aanvaar word, sal dit die vuurwapenlandskap in Suid-Afrika drasties verander.

Die vuurwapengemeenskap is in rep en roer oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000). As al dié wysigings aanvaar word, sal dit die vuurwapenlandskap in Suid-Afrika drasties verander.

Die voorstel dat Suid-Afrikaners nie meer vuurwapens vir selfverdediging sal kan bekom nie, gaan nie net om vuurwapens nie, maar ook oor die staat wat in sy burgers se regte inmeng. Dit wat ons as “demokrasie” verstaan, is ten nouste ter sprake.

As die wysigings aanvaar word, sal eienaars van baie miljoene rande se wapens ontslae moet raak, waarskynlik deur dit by die polisie in te handig, want wie sal met die nuwe wysigings ’n lisensie kan kry om dit oor te koop? Met ’n regering wat beoog om grond sonder vergoeding te onteien, kan ’n mens seker nie verwag dat hy vir jou besonderse versamelaarstuk sal opdok nie.

Nadat ek die hele wysigingskonsep van 138 bladsye deurgelees het, is daar veral ’n paar sake wat ernstig aandag verdien. Ek is bekommerd dat wapenliefhebbers te veel aandag gee aan die groot sake, soos dié oor selfverdediging, en die ander klein jakkalsies wat die wingerd verniel, kan miskyk. Kom ons kyk hoe raak dit jou as jy die wysigings deurgaan.

Geen lisensies vir selfverdediging

Hierdie voorstel behels baie meer as net my geliefde ou Browning Hi-Power wat nou sy weg na die smeltoond gaan vind. Met sulke wetgewing sê die regering hy voel vere vir iemand wat byvoorbeeld dikwels vir werkdoeleindes alleen ry of vir sy vrou wat dan stokalleen tuis is. Wat van my talle vriende wat boer en nou nog minder sal kan waag om op hul wettige grond rond te beweeg, want hulle sal nie meer ’n geskikte wapen vir verdediging kan saamneem nie?

Iemand stuur vir my ’n boodskap dat alle politici wat hierdie wet ondersteun, geen BBP-beskerming moet geniet wat betaal word deur diegene wie se wapens hulle wil afneem. Ek stem saam.

Ammunisie en herlaai

Ingevolge die voorgestelde wysigings sal dit voortaan ’n misdryf wees om ammunisie te herlaai, want jy sal nie eens herlaai-apparate mag besit nie. Ek het so vinnig getel. Tans het ek bykans R8 000 se koeëlpunte wat ek oor ’n tydperk bymekaargemaak het vir my gewere en handwapens. Wat van die koste wat ek aangegaan het om ’n volledige herlaaistel te koop? Wie gaan my vergoed?

Versameling verbied

Ek is nie self ’n versamelaar nie, maar ek ken baie versamelaars. Sommige versamelings is miljoene rande werd en dikwels oor dekades opgebou. Benewens die geldwaarde word daar ook groot historiese waarde aan sommige versamelings geheg.

Dit sal heiligskennis wees om so iets in ’n smeltoond te gooi. Daar word veel gewag gemaak van kultuur en erfenis, maar as verkope wel toegelaat word, sal dié versamelings na die buiteland vloei en ’n groot deel van Suid-Afrika se erfenis sal verlore gaan.

Geldigheid van lisensies

Tans geld alle wapenlisensies vir sportdoeleindes en jag vir tien jaar en dié vir selfverdediging vyf jaar. Nou is die voorstel dat alle lisensies net vir vyf jaar geldig sal wees.

Dit lyk vir my na ’n doelbewuste poging om mense te probeer afskrik om wapens te koop, want ons almal weet watter pyn dit is om lisensies te hernu. As dit elke vyf jaar gedoen moet word, sal baie mense dalk liewer glad nie ’n wapen wil besit nie. Dan het die politici en die anti-vuurwapendrukgroepe hul doel bereik. Hulle moet dink ons is onnosel om dit nie raak te sien nie.

Voorlaaiers as vuurwapens

Die regulering van voorlaaiers is nie ’n nuwe ding nie. Die vorige regering het dit ook gedoen. Ek het nog altyd daarvan gedroom om vir my ’n voorlaaier te koop. Ek het selfs die kursus gevolg om ’n bevoegdheidsertifikaat vir swartkruit te verwerf sodat ek, sodra die geldjies daar is, my droom kan verwesenlik. ’n Voorlaaier sal in die toekoms ook “gemerk” moet word. Hoe stempel jy ’n nommer op ’n antieke wapen sonder om die waarde daarvan te benadeel?

Beperking op aantal wapens

’n Beperking op die aantal wapens wat jy mag besit, is ook nie nuut nie. Baie van ons onthou nog die tyd toe die vorige regering jou tot 12 wapens beperk het. Ek het toe al ’n paar goeie kopies misgeloop omdat my kwota vol was. Nou lyk dit my word daar na net ses wapens gemik. Beroepsjagters moet glo tot agt beperk word.

Dit is nou tyd dat ons almal die jag- en ander vuurwapenverenigings ondersteun om dié wysigings te beveg. As jy nog nie aan een behoort nie, sluit nóú aan. 

Ben Fourie is ’n jag- en vuurwapenentoesias van Gqeberha.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.16
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,705.14
-1.2%
Silwer
20.23
-4.0%
Palladium
2,277.00
-2.0%
Platinum
919.50
-1.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,305
-0.9%
Alle aandele
65,698
-0.9%
Hulpbronne 10
63,496
-1.7%
Industriële 25
79,576
-0.6%
Finansiële 15
13,992
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot