As ’n boer sy of haar bankbesonderhede per e-pos verskaf en daardie e-pos word onderskep, die bankbesonderhede vervals en die geld uiteindelik in die vervalste bankrekening inbetaal, kan jy as boer self aanspreeklik gehou word vir die verlies. Dit is ’n mond vol.
Laat ek verduidelik aan die hand van ’n onlangse hofsaak in die Suid-Gautengste hooggeregshof, Hawarden v. Edward Nathan Sonnenbergs (2023). Die eiser in die saak, H, het eiendom gekoop van ’n derde party wat die instelling ENS as akteprokureurs aangestel het om die oordrag van die eiendom te hanteer.
H het die deposito op die eiendom betaal en daarna gekies om die uitstaande bedrag van R5,5 miljoen by wyse van elektroniese oordrag direk in ENS se trustrekening oor te betaal tot voordeel van die verkoper in afwagting op oordrag van die eiendom.