AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Wes-Kaapse plaaswerkers se jaar van wipplank ry

Die afgelope jaar was ’n waterskeidingsjaar vir plaaswerkers in die Wes-Kaap, sê mnr. Gerrit van Rensburg in ’n terugblik.

Die uitdagings, vrese en behoeftes van plaaswerkers was die afgelope jaar telkens op die voorgrond. “Plaaswerkers en die rol wat hulle in ons samelewing speel, het veel wyer aandag getrek as bloot dié van die tradisionele landbougemeenskap," sê mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou.

Die nuutste syfers van Statistiek Suid Afrika toon dat landbou-werksgeleethede in Suid Afrika van 712 000 in kwartaal twee van 2013, afgeneem het tot 706 000 in kwartaal drie. In teenstelling daarmee het landbou-werksgeleenthede in die Wes-Kaap oor dieselfde tydperk toegeneem van 117 000 in kwartaal twee tot 139 000 in kwartaal drie. 

Wes-Kaapse landbou-werksgeleenthede het die afgelope twee kwartale gegroei. As persentasie van die totale landbou-werksgeleenthede in Suid Arika, het dit van 16,4% tot 19,7% gestyg. Die Wes-Kaap is dié provinsie wat die meeste landbou-werksgeleenthede in Suid Afrika geskep het, ten spyte van die negatiewe beeld wat die afgelope jaar geprojekteer is, juis oor plaaswerk in die Wes-Kaap.

Dit blyk dat landbouers (produsente en werkers) in die res van die land meer negatief geraak is deur ’n protesveldtog wat 100% tot die Wes-Kaap beperk gebly het. Hierdie feit behoort stof tot nadenke te wees vir die organiseerders van protesaksies.

Geweldadige protesaksie
Van Rensburg sê die jaar 2013 het met ’n laagtepunt begin toe die Wes-Kaap letterlik gebrand het tydens geweldadige protesaksie. Op die oppervlak het dit geblyk dat ontevredenheid met die nasionale minimumloon van R69 per dag vir plaaswerkers die kern van die ontevredenheid was. Met die wysheid van nabetragting weet ons nou die oorsake en redes is baie meer kompleks en verweefd gewees as bloot ’n statutêre loonvasstelling.

“Die jaar het op ’n hoogtepunt afgesluit met mnr. Karools Paulse se aanwysing as die Wes-Kaapse Plaaswerker van die Jaar. Hierdie toekenning word deur die Wes-Kaapse Department van Landbou, saam met Shoprite, as hoofborg, toegeken. Dit is eie aan die Wes-Kaap en ’n unieke platform waar erkenning aan die belangrike werk van plaaswerkers gegee word. Karools se prysgeld beloop R100 000 en sluit kontant;  studiebeurse, en ’n oorsese studiebesoek in. As wenner word hy ook opgeneem in die Prestige Plaaswerker Forum, wat direk met my skakel en my adviseer rakende plaaswerker aangeleenthede.”

Die werklikheid daarvan om ’n plaaswerker in die Wes-Kaap te wees, lê iewers tussen hierdie twee uiterstes: (Aan die een kant ’n werker wat veg vir ’n bestaansloon en aan die ander kant ’n werker wat die hoogste trap van sy professie bereik het en die erkenning geniet.)

“As minister van landbou vra ek myself aan die einde van 2013 af: Wie is die plaaswerkers van die Wes-Kaap, en hoe kan ek en my departement hulle ondersteun in die konteks van ons provinsiale  landbousektor?

Strategiese doelwitte
“Die Provinsie se vertrekpunt is dat werkskepping en ekonomiese groei die basis is waarop ’n beter samelewing gebou word. Gevolglik is dit een van my departement se strategiese doelwitte om die sektor te ondersteun sodat daar ten minste ’n 10% produksiegroei plaasvind binne die volgende 10 jaar. Uitvoer moet gehandhaaf word, maar moet verkieslik ook toeneem."

Hierdie teikens kan slegs behaal word indien die sektor aantreklik vir beleggings is. Dit behels dat die sektor stabiel moet wees, en ’n groot deel van daardie stabiliteit word deur gesonde arbeidsverhoudinge geanker.

Die Wes-Kaapse regering het dus in reaksie op die protesveldtog ’n 12-punt plan saamgestel. Die plan bestaan uit 12 praktiese aksies, soos die 0860 142 142 hulpnommer vir landbou-aangeleenthede; ’n provinsiale plaaswerkeropname wat tans onderneem word; en die finansiering van ’n onafhanklike taakspan wat die Future for Agricultural and Rural Economy (FARE)-verslag moes opstel.

Die FARE-verslag is onlangs bekend gemaak, en daaruit blyk dit duidelik dat plaaswerkers met veel meer uitdagings worstel as slegs ’n statutêre minimum loon.

Plaaswerkers was uitgelewer
In die afwesighed van  verteenwoordigende werkersorganisasie was daar ’n vakuum vir opportuniste om opruiende uitsprake in die naam van plaaswerkers te maak. Dit het ook veroorsaak dat  plaaswerkers uitgelewer was aan die nasionale Regering om lone namens hulle vas te stel. As gevolg van die drastiese wyse waarop die nuwe minimumloon verhoog is, het dit nou ook in sekere gevalle die maksimumloon geword.

Baie werkers beweer hulle is slegter daaraan toe as vóór die nuwe loon vasgestel is, aangesien hul dienskontrakte in baie gevalle geherstruktureer is en voordele wat voorheel gesubsidieer is deur die werkgewer nou ’n finansiële waarde verkry het wat afgetrek word.

Die FARE-verslag beskryf ook ’n groeiende frustrasie met grondhervorming. Plaaswerkers voel uitgesluit uit die grondhervormingsproses en vra tereg hoekom hulle, wat die kennis en passie vir landbou het, nie die voorkeur begunstigdes is wanneer landbouprojekte aangepak word deur die Nasionale Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming nie.

Plaaswerkers het tot onlangs nie in aanmerking gekom vir staatsgesubsidieerde behuising nie, aangesien munisipliteite bloot aangevoer het dat plaaswerkers ’n huis op die plaas het. Dit is onregverdig dat plaaswerkers tevrede moet wees met die afgewaterde reg van verblyfsekerheid op die plaas, soos in die Esta-wetgewing omskryf word, terwyl alle ander Suid Afrikaanse burgers hul naam op ’n waglys kan plaas om ’n huis met volle eienaarskap te kry.

Bekommered oor meganisasie
Plaaswerkers is bekommered oor meganisasie in die landbousektor as gevolg van die persepsie dat dit hul werksekerheid bedreig.

Plaaswerkers se ontevredenheid strek ook wyer: Soos die res van Suid Afrika, word plaaswerkers ook gefrustreer deur aspekte soos basiese dienslewering; toegang tot onderwys en gesondheidsorg. In ’n gemeenskap, soos De Doorns, waar die beskikbaarheid van werk ver oortref word deur die aantal werksoekers, kan mens insien dat frustrasies kookpunt kan bereik.

Daar is egter ook goeie nuus vir plaaswerkers, en dit het weer eens duidelik na vore gekom tydens die afgelope Plaaswerkerkompetisie. Ten spyte van die omstuimige begin van 2013, was die 2013 Plaaswerkerkompetisie die grootste nog met 923 inskrywings, en ’n positiewe hoogtepunt om die jaar mee af te sluit. Streke wat uitgestaan het ten opsigte van groei is:

Net so is ek opgewonde oor die vennootskap met Shoprite wat as hoofborg R750 000 tot die kompetisie bygedrae het vanjaar. Ons kan soveel meer doen waar daar vennootskappe tussen die staat en die privaatektor bestaan.

Baie oor meganisasie gepraat
Daar is die afgelope jaar baie oor meganisasie gepraat. Dit is so dat die dae van ongeskoolde arbeid besig is om verby te gaan. Dit is ’n globale neiging en nie net beperk tot die landbousektor nie. Vandag se werker moet ook kennis en vaardighede hê.

In sommige gevalle is dit so dat ’n masjien meer doeltreffend as ’n mens kan werk. Maar masjiene het operateurs nodig. Hulle moet geprogrammeer word. Hulle moet gediens word, en wanneer hulle breek, moet hulle herstel word. Soos landbou meer gesofistikeerd raak, so verander die eise wat dit aan plaaswerkers stel. Dit is die plaaswerker van môre wat daardie masjien se operateur gaan wees.

EK wil ’n beroep op alle plaaswerkers doen: Sorg dat u op die voorgrond van u dissipline bly. Moenie agter raak nie. Hou aan om te leer en benut die geleenthede om kursusse en werkswinkels by te woon. Wees aanpasbaar sodat u saam met landbou kan aanpas.

Die wêreldbevolking is tans ongeveer 7 miljard. Volgens projeksies gaan dit teen 2050 styg tot 11 miljard. Landbouers gaan voedsel vir hierdie mense moet produseer. Ons gaan dit waarskynlik op minder grond en met minder water moet doen. Dit is ’n feit van die lewe dat nuwe uitdagings altyd nuwe geleenthede daarmee saambring. Die toekoms gaan ongelooflike geleenthede inhou vir landbouers. Die landbou van die toekoms het plaaswerkers nodig, aldus Van Rensburg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.78
+0.1%
Rand - Pond
22.03
+0.2%
Rand - Euro
19.34
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
982.89
+0.2%
Palladium
1,494.96
+1.2%
Goud
1,981.19
+0.0%
Silwer
23.95
+0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,575
-0.7%
Alle aandele
76,177
-0.7%
Hulpbronne 10
66,578
-1.4%
Industriële 25
102,914
-0.3%
Finansiële 15
15,495
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot