Die buurman het ’n paar jaar gelede met staatshulp die eerste gedeelte naaste aan ons boorgat skoongemaak van dié bome, maar dit nie daarna bekamp nie en daar is nou weer ’n magdom bome en bosse. Wie is verantwoordelik om die indringers te bestry? Is dit elke plaaseienaar se verantwoordelikheid, of is dit die staat se plig? Kan u my help met meer inligting oor die verantwoordelikhede van die plaaseienaar in dié verband?
Die twee prosopis-spesies in Suid-Afrika word albei as verklaarde uitheemse indringerplante geklassifiseer ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (Wet 10 van 2004). Hierdie wet word deur die departement van omgewingsake, bosbou en visserye geadministreer.
Prosopis glandulosa (muskietboom of heuningprosopis) en Prosopis velutina (fluweelprosopis) kan hibridiseer en daarom is dit moeilik om tussen hulle te onderskei.