AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Willemse: Rowwe tyd wag vir saaiboere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skerp stygende kunsmispryse is wêreldwyd vir boere ’n krisis. In Suid-Afrika het die koste van ureum byvoorbeeld op ’n jaargrondslag met tot 80% opgeskiet. Foto: Vida Booysen
Skerp stygende kunsmispryse is wêreldwyd vir boere ’n krisis. In Suid-Afrika het die koste van ureum byvoorbeeld op ’n jaargrondslag met tot 80% opgeskiet. Foto: Vida Booysen
Boere se marges gaan in die komende jaar onder ernstige druk kom weens hoër produksiekoste.

Boere se marges gaan in die komende jaar onder ernstige druk kom weens hoër produksiekoste en daar wag ’n rowwe tyd op saaiboere wat mettertyd ook na veeboere sal deurspoel. Dit skep op sy beurt risiko’s vir inflasiedruk, het prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom, gesê.

Hy het boere op sy jongste seminaar oor risiko’s en vooruitsigte in die landboumarkte gewaarsku om hoër energiepryse in hul scenario’s vir die volgende jaar te verreken.

“Kry vir jou ’n valskerm, inflasie is aan die kom,” was sy raad aan boere wat deur verhogings van tot 120% vir sekere kunsmisprodukte in die gesig gestaar word.

Wat die risikofaktore in die plaaslike ekonomie betref, het Willemse stadige ekonomiese groei uitgelig, asook druk op die regering se begroting weens salaris-eise en al hoe meer mense wat welsynstoelaes benodig.

“Maar die landbou is een van die min sektore in die land wat minstens weet hy het ’n mark vir sy produk.”

Op internasionale vlak is daar groeiende kommer oor voedselsekerheid, veral vir kwesbare, arm mense. Willemse het syfers van die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie aangehaal wat toon wêreldvoedselpryse het in Oktober met gemiddeld 32% op ’n jaargrondslag gestyg. In Suid-Afrika was die styging ’n raps oor 7%. “Ons is nou in ’n omgewing waar ons reële voedselpryse vinniger styg. Dit, tesame met ’n La Niña-stelsel wat droogte oor groot dele van Noord- en Suid-Amerika en vloede in Suidoos-Asië veroorsaak, is slegte nuus vir voedselsekerheid en internasionale voorraadvlakke van graan en oliesade.”

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds kan skerp stygende kunsmispryse deels aangedryf word deur hoër aardgaspryse en stygende verskepingskoste, en dit kan die wêreld se voedselmarkte in onsekerheid dompel tot diep in die 2022-’23-seisoen. “Met die meeste voedselsoorte se pryse reeds op die hoogste vlakke in jare en die uitvoervoorraad wat skaars voldoende is om in die aanvraag te voorsien, kan enige tekorte wat deur weerstoestande veroorsaak word, kommerwekkende gevolge vir die wêreld se voedselsekerheid hê.”

Stygende rentekoers, verswakkende wisselkoers?

Nog ’n faktor om dop te hou is die moontlike verdere verswakking van die rand, wat brandstof- en kunsmispryse plaaslik verder die hoogte kan laat inskiet. “My eie gevoel is ons gaan in die volgende jaar stygende rentekoerse en ’n verswakkende wisselkoers sien,” het Willemse gesê.

Witmielies en sojabone

Wat prysvooruitsigte vir mielies betref, is daar nie groot risiko’s dat die prys in die volgende jaar sal verswak nie en hy verwag dat dit grootliks sywaarts kan beweeg. “Maar as die rand bly verswak en internasionale pryse daal nie veel nie, is daar selfs kans op ’n effense styging.”

Hy het gewaarsku dat witmielievoorraad bly opbou sonder dat daar ’n uitlaatklep vir die oorskot is. “Ek sou versigtig wees om te begin verskans; vir minstens die volgende 18 maande is daar genoeg voorraad en dit gaan pryse by uitvoerpariteit hou. Dit beteken ook dat daar nie ’n premie vir vroeë lewering sal wees nie.”

Willemse verwag dat meer boere vanjaar sojabone gaan aanplant, gegewe die hoër kunsmispryse. “Vir die eerste keer in die geskiedeins is sojaboonpryse by uitvoerpariteit en ek sal nie verbaas wees as ons selfs ’n bietjie van ons plaaslike oes gaan uitvoer nie.”

Vleispryse

Wat prysvooruitsigte vir veeboere betref, het hy daarop gewys dat boere steeds in ’n fase van kuddebou is en hy voorsien nie enige slagdruk wat pryse kan laat daal nie. Tog bly hoë voerkoste’n groot risiko. “Ek weet nie hoe die somme gaan klop nie behalwe as die stygende inflasie ook vleispryse duurder maak nie.”

Hy meen die groot aantal verbruikers wat maatskaplike toelaes ontvang, bou ’n stut in die mark wat vleispryse ondersteun en voorspel dat die huidige sterk aanvraag na goedkoper vark- en hoendervleis sal voortduur.

Ten slotte het Willemse boere gewaarsku om fokus te behou te midde van al die onsekerheid. “Hier is baie dinge wat ons aandag aflei en ons verval in slegte debatte met mekaar. Dink oor hoe jy koste gaan bestuur.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.28
+0.3%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,631.00
+0.5%
Silwer
18.42
+0.4%
Palladium
2,070.62
+1.4%
Platinum
851.85
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot