AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Astral se wins daal aansienlik

Die laaste kwartaal van verlede jaar was nie ’n goeie kwartaal vir Astral Foods nie, wat ’n 60%-daling in bedryfswins aangeteken het.

Een van Suid-Afrika se grootste pluimveeprodusente, Astral Foods, het tydens die eerste kwartaal van sy 2012/’13-boekjaar, rekord lae bedryfswinste aangeteken. Dié tydperk sluit die feestyd en feestydverkope in.
 
Luidens ’n berig op Fin24.com het die bedryfswins vir dié tydperk, vergeleke met die ooreenstemmende tyd verlede die vorige jaar met 60% gedaal. Dit is volgens die maatskappy sy swakste handelsprestasie sedert dit op die JSE gelys is. Mnr. Chris Schutte, hoof uitvoerende beampte, het volgens ’n verklaring gesê hulle het reeds verlede jaar aangedui dat hul swak handelstoestande in die eerste helfte van die 2012/’13-boekjaar verwag.
 
Schutte sê die handelstoestande tydens die eerste kwartaal was erger as wat verwag is: “Aanduidings is dat die tweede kwartaal se prestasie baie erger as dié van die eerste kwartaal sal wees en gevolglik sal Astral se resultate vir die ses maande tot en met 31 Maart 2013 ernstig beïnvloed word.”
 
Faktore
Een van die faktore wat Astral se pluimvee-afdeling tydens die eerste kwartaal van die boekjaar die ergste beïnvloed het, sluit die hoë prys van mielies en sojabone in. Dié twee kommoditeite het rekordhoë pryse aangeteken, en dié hoë pryse sal na verwagting ook gedurende die tweede kwartaal voorkom.
 
Rekordhoë invoer van pluimvee van Brasilië en Europa en ’n verbruikersomgewing wat onder druk verkeer, het die maatskappy se vermoë om hoë produksiekoste die hoof te bied, benadeel. Die invoer het tot ’n hoë vlak van pluimvee plaaslik gelei, wat die maatskappy se marge onder druk geplaas het.
 
Intussen duur Astral Feed en die maatskappy se afdelings in Afrika se goeie prestasies voort. Die maatskappy verwag dat sy wesensverdienste per aandeel vir die eerste en tweede kwartaal van die boekjaar onderskeidelik met tussen 45% en 65% en 75% en 95% sal daal vergeleke met die eerste ses maande van die 2011/’12-boekjaar.
 
Stakings
Die maatskappy se werksaamhede in die Wes-Kaap is ook geraak deur die gewelddadige betogings wat die provinsie geteister het. Tussen November 2012 en Januarie 2013 het die maatskappy een sterfte aangeteken, terwyl drie van sy pluimvee-aanlegte aan die brand gesteek is. Sowat 65 000 hoenders is tydens die voorvalle doodgebrand, en ses plase is ook gevandaliseer.
 
Die skade wat die maatskappy weens die stakings gely het, word op sowat R35 miljoen bereken. Die maatskappy waarsku dat die skade aan pluimveebates tot produksiebeperkings kan lei, wat uiteindelik werksverliese kan beteken.
 
Bron: Fin24.com
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
+0.2%
Rand - Pond
22.00
+0.3%
Rand - Euro
19.33
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
984.08
+0.3%
Palladium
1,495.50
+1.2%
Goud
1,981.02
+0.0%
Silwer
23.93
+0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,575
-0.7%
Alle aandele
76,177
-0.7%
Hulpbronne 10
66,578
-1.4%
Industriële 25
102,914
-0.3%
Finansiële 15
15,495
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot