Die seleksie van die regte diere in hul kudde het die afgelope jare ’n verbetering in vrugbaarheid teweeggebring wat erkenning vir die Brown-broers laat instroom. Dr. Allistair en mnr. Laurence Brown bestuur Blackstone Beef in ’n vennootskap op die plaas Forest Glade naby Zuney in die distrik Alexandria in die Oos-Kaap.
Die kudde spog met talle Elite-koei-toekennings. Sy bul Duncraggan Auld Reekie BLK 19-496 was in 2021 een van die topbulle van 24 beesrasse in SA Stamboek en Vleissentraal se Elite-bulgroeitoetsklas. Die Duncraggan- en Primeston-stoetery word onder een vaandel bedryf.
“Die stoeterye word volgens verskillende teeldoelwit-beginsels bestuur. Ons gebruik suiwer Suid-Afrikaanse vaars in die Primeston-stoetery, teenoor die Duncraggan-kudde wat tot elke prys bestuur word om ons teeldoelwitte te bereik,” sê Allistair.