AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Beesvleisbedryf kan astronomies groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wagyu-beeste. Foto: Johan Norval
Wagyu-beeste. Foto: Johan Norval
Die uitvoering van die voorstelle in die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking kan astronomiese groei in die beesvleisbedryf tot gevolg hê.

Die toepassing van die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking kan die beesvleisbedryf se inkomste per jaar met ’n verdere R8 miljard in reële waarde bó die normale verwagtinge laat toeneem.

Mnr. Gerhard van der Burgh, ’n programkoördineerder van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), wat op ’n konferensie van die Wagyu-telersgenootskap oor die groeipotensiaal in die rooivleisbedryf gepraat het, het gesê dit kan 3 200 nuwe werksgeleenthede per jaar in die sektor skep. Daarmee saam kan dit die informele sektore se aandeel in die mark van 34% tot 50% laat toeneem teen 2030.

Hy het verwys na die potensiaal in die informele sektor en het gesê as die gemiddelde kalfsyfer van 40% tot 50% kan toeneem, beteken dit reeds ’n toename van 8% in produktiwiteit. Dit sal neerkom op 155 000 meer speenkalwers per jaar.

“Op die oomblik voer ons jaarliks van 30 000 ton tot 40 000 ton beesvleis uit. Daar is potensiaal om dit op te stoot tot 240 000 kg per jaar teen 2030, wat ’n massiewe toename sal wees. Om dit moontlik te maak, sal verwerking van beesvleis jaarliks moet toeneem van 740 000 ton tot 981 000 ton. Daarvoor sal ’n bykomende 450 000 tot 500 000 speenkalwers nodig wees.”

Hy het gesê die vraag sal dit moontlik maak om kalwers vanuit buurlande in te voer en deel te maak van die produksieproses. “Daar is plaaslike beperkings wat grond en hulpbronne betref, en ons kan nie ons eie kuddes onbeperk laat toeneem nie. Die produktiwiteit en die doeltreffendheid van plaaslike kuddes sal moet verbeter.”

Die mikpunt is om die oppervlakte vir beesvleisproduksie deur klein en middelslag swart boere met minstens 1,4 miljoen ha te laat toeneem en daardeur te sorg vir meer as 250 000 bykomende speenkalwers jaarliks vir die mark binne die volgende tien jaar.

Identifikasie-en-naspeurbaarheidstelsel

Van der Burgh het gesê die mikpunt is om R200 miljoen te bestee aan die toepassing van die eerste fase van ’n identifikasie-en-naspeurbaarheidstelsel vir beesvleis. Daarby kan ’n graderingstelsel wat internasionaal erken word, internasionale mededingendheid verhoog en lei tot ’n prysverhoging van 20% tot 40% in van die markte waaraan tans verskaf word.

Hy het verwys na bevrore, beenlose snitte waarvoor Suid-Afrika van 35% tot 40% minder verdien as Australië en Amerika.

Om die groei te laat realiseer, is die vier belangrikste fokus-areas dieregesondheid en biosekerheid, inklusiewe groei, marktoegang en mededingendheid.

Oor die stand van die Wagyu-telersgenootskap het mnr. Johan de Vos, voorsitter, gesê hulle het tans 151 lede met net meer as 8 000 geregistreerde diere. In April 2020 was daar groot vooruitsigte vir die bedryf, maar toe covid-19 toeslaan, was daar ’n groot insinking. “Ons moes diere slag en die vleis gratis weggee. Maar toe begin die groep Wagyu-boere bemarkers word en dit was ongelooflik wat in die volgende maande gebeur het. Die groei van 2020 tot 2021 was 90%.”

In Januarie vanjaar is ’n rekordgetal van meer as 500 Wagyus geslag en vir Februarie het die syfer reeds op 700 gestaan. De Vos sê as die slagsyfer 700 per maand bly en daar is sowat 5 500 slagdiere per jaar beskikbaar, gaan daar teen September nie meer slagdiere oor wees nie. “Die boodskap wat ek vandag bring, is dat ons produksie sal moet verhoog en meer diere teel omdat ons so suksesvol op die mark is.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot