AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Beheer oor beweging van vee is ‘uiters, uiters, uiters’ belangrik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Biosekerheid met die aankoop en verkoop van diere is noodsaaklik om die wolbedryf se toekoms te verseker.

Siektes soos bek-en-klouseer, slenkdalkoors, Johne se siekte en bloutong kan die wolbedryf groot skade berokken. Dis waarom biosekerheid so belangrik is, het mnr. Billy van Zyl, voorsitter van die Nasionale Wolkwerkersvereniging (NWKV), op die organisasie se jaarkongres in Gqeberha gesê.

“Boere, dit raak uiters, uiters, uiters belangrik om beheer te hê oor die aankope en die verkope van jou vee, sodat die siektes nie versprei nie.”

Van Zyl het gesê hoewel die regte protokolle vir bek-en-klouseer gevolg is om wol na China uit te voer, kan hy nie sê hoekom die bedryf nou in ’n situasie is dat wol nie daarheen uitgevoer kan word nie.

“Wat ek kan belowe, is dat ons as NWKV en die hele wolbedryf ons bes doen om die situasie te hanteer. Die direkteur-generaal van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is juis genooi om môre die kongres by te woon.”

Van Zyl het gesê slenkdalkoors en bloutong is die volgende struikelblokke, en die onvermoë van Onderstepoort Biologiese Produkte om entstowwe te lewer, maak dit nog moeiliker vir boere. 

Roofdierverliese verminder

Van Zyl het gesê in teenstelling met wat mense dink, word daar vordering gemaak met die kwessie van roofdiere.

Luidens die jaarverslag van die predasieprogram is daar begin met ’n totale nasionale gemiddelde verlies van 13,2%. “Met die toepassing van gesonde predasiebestuurspraktyke deur hierdie program het gemiddelde veeverliese van minder as 2,5% voorgekom.”

Van Zyl het die jaarverslag deur mnr. Niel Viljoen bestempel as “ ’n hoogtepunt van 14 jaar se bevindinge en resultate op 27 monitorplase, geleë oor ses provinsies en wat ’n totale oppervlakte van 134 214 ha dek”.

Die program is die langste deurlopende roofdiernavorsings-en-monitorprojek in Suid-Afrika se geskiedenis.

“Nog ’n trappie vorentoe is dat Viljoen nou sewe nagjagters opgelei het en permitte vir ’n jaar gekry het.”

Van Zyl het die feit betreur dat wat luiperds betref, wetgewing vir boere en parke nie dieselfde is nie. “Boere se drade moet op ’n hoër standaard wees as dié van parke.”

Wolmark ‘redelik stabiel’

Van Zyl het gesê ná ’n jaar van onstabiele omstandighede in die wolmark weens bek-en-klouseer, wisselvallige uitvoer van wol, tekort aan vraghouers en skepe, en covid-19 in China lyk dit vir hom asof die mark en die prys redelik stabiel bly.

Volgens die Woltoetsburo was wolproduksie die afgelope jaar 8% laer teenoor die vorige jaar. Van Zyl skryf dit aan die droogte toe.

Hy het vir boere-afgevaardiges gesê hy kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik wolstandaarde is nie. “Ons het vyf standaarde in Suid-Afrika, die volhoubare Cape Wools-standaard, wat die wolbedryf in Suid-Afrika se standaard is, maar ook RWS, Abelusi Wool, ZQ en Nativa.

“Standaarde is hier om te bly, of jy dit wil weet of nie. Watter standaard jy ook al gebruik, wil ek my mede-boere aanraai om wel ’n standaard te gebruik. Suid-Afrika produseer die beste wol in die wêreld. Ons moet daarop voortbou.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.0%
Rand - Pond
21.07
-0.1%
Rand - Euro
18.85
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
974.20
+0.0%
Palladium
1,631.96
+0.5%
Goud
1,878.79
+0.4%
Silwer
22.52
+0.8%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot