AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Bek-en-klouseer nog ’n probleem in noorde van KZN

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Bek-en-klouseer is by diptenke by Nongoma en Hluhluwe in die kommunale weigebiede gediagnoseer.

Daar is 25 gebiede in KwaZulu-Natal waar bek-en-klouseer teen einde Januarie bevestig is en waar kwarantynmaatreëls geld om die beweging van diere te beheer en te keer dat die siekte versprei.

Luidens ’n verklaring deur die direktoraat van dieregesondheid in die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling was daar einde Desember 26 gebiede wat geraak is.

Sedertdien is kwarantyn op twee van die gebiede opgehef en die gevalle by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) gesluit, nadat kliniese en serologiese waarneming getoon het dat die siekte vir meer as ses maande nie aktief versprei het tussen diere in die voerkrale wat voorheen besmet is nie. Albei voerkrale slag weer vir die plaaslike mark.

Bek-en-klouseer is verlede jaar by diptenke by Nongoma en Hluhluwe in die kommunale weigebiede gediagnoseer. Bek-en-klouseer is in Januarie vanjaar by nog ’n diptenk by Hlabisa –  ook in dié siektebestuursgebied –  gediagnoseer.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het op 30 Junie 2021 ’n siektebestuursgebied in KwaZulu-Natal verklaar. Die verklaring bly van krag.

Bek-en-klouseer word deur ’n virus veroorsaak. Die virus is dieselfde SAT 2-serotipe wat van die begin van die uitbreking in Mei 2021 geïdentifiseer is. Sedert die uitbreking is monsters van 421 plekke versamel.

Die handelsimplikasies vir Suid-Afrika bly dieselfde en die meeste handelsvennote behou die ooreenkomste wat in 2019 beding is nadat die land sy bek-en-klouseervrye status verloor het.

Waarneming in die gebiede gaan voort, terwyl kwarantynmaatreëls behou word. Padblokkades en sigbare veeartsenykundige patrollies moniteer die beweging van diere in die gebiede.

Volgens inligting op die nasionale dieregesondheidsforum se webwerf vrek diere nie noodwendig nie, maar hulle kry koors, gevolg deur sere in hul bekke en pote, hulle hou op vreet en word lam. As die siekte nie bekamp word nie, kan dit vinnig versprei deur kontak met besmette diere en diereprodukte, mense, voertuie, gereedskap, handskoene, klere en toue wat in kontak met besmette diere was.

Besoek die webwerf van die internasionale organisasie vir dieregesondheid hier en die plaaslike nasionale forum vir dieregesondheid hier vir nog inligting oor bek-en-klouseer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot