AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Bekamp veesiektes in Afrika op streekbasis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Dr. Jan du Preez
Foto: Dr. Jan du Preez
Die bestryding van veesiektes soos bek-en-klouseer moet op ’n streekbasis deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangepak word.

Die bestryding van veesiektes soos bek-en-klouseer moet op ’n streekbasis deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangepak word om dit werklik suksesvol te kan doen, sê mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF).

As die gevaarlike siekte nie op ’n gekoördineerde wyse bekamp word nie, hou die een land ’n gevaar vir sy buurlande in. “Virusse steur hulle nie aan grensposte nie.” Samewerking tussen lande is dus noodsaaklik om sukses te behaal. Behoorlike naspeurbaarheid gaan daarmee gepaard.

Hy verwys in dié verband na die tema van die afgelope LRF-Veeskool wat fisiek en aanlyn deur honderde veeboere en ander belanghebbendes meegemaak is, naamlik “Kritiese suksesfaktore vir ’n inklusiewe en winsgewende lewendehawe-waardeketting”.

“Almal in die waardeketting moet deel van waardetoevoeging wees. ’n Ketting kan nie van agter af gestoot word nie, want dit sal nie beweeg nie. Die mark trek die ketting waarin elkeen sy deel moet bydra, al het elke vennoot sy eie doelwitte.

“Die produsent konsentreer op winsgewendheid. As hy jaar ná jaar byvoorbeeld 5% swakker daaraan toe is, is dit oor vyf jaar 25%. Dis belangrik dat die boer doeltreffendheid in die oog hou. In sy strewe na sukses en wins moet hy vir sy grond sorg en op verstandige veldbelading konsentreer. Veldbelading is agt keer belangriker as enigiets anders.”

Die voerkrale verdubbel die waarde van die boer se speenkalwers binne vier maande, wat ook met doeltreffendheid gepaard gaan. Die abattoir en vleisverwerker voeg verder waarde toe. Só vind elkeen by die waardeketting baat.

“Vennootskappe en samewerking is belangrik, ook met die regering om ’n private-openbare vennootskap te vorm en die toekoms in eie hande te neem,” sê Schneider. Die waardeketting moet ook finansiering hê. Dit kan wees in die vorm van ’n heffing, wat indien nodig verhoog moet word.

“ ’n Sterk, onafhanklike liggaam moet die private-openbare deelname aan die waardeketting met ’n gesamentlike oogmerk koördineer, soos Meat and Livestock Australia (MLA) wat die langtermynvoorspoed van die Australiese rooivleis- en lewendehawesektor nastreef deur in navorsing en bemarking betrokke te wees. Vir elke dollar wat die private sektor vir hierdie doel gee, gee hul regering ook ’n dollar.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot