Nutrochem se Envirosept SC-ontsmettingsmiddel kan die bek-en-klouseervirus en talle ander siektes by vee en pluimvee doeltreffend bestry. Dit is doeltreffend teen virusse, tuberkulose, bakterieë en swamme. Envirosept SC kan deur skuiming, wasemvorming, spuit of dompeling toegedien word.
Die konsentrasie daarvan wanneer dit voor toediening in water gemeng word, word bepaal deur die vervaardiger se riglyn vir die patogene wat dit moet vernietig.
In 99,9% van alle gevalle sal Envirosept SC ander siektes en virusse, soos voëlgriep, Afrika-varkpes, Escherichia coli en listeria, vernietig. Envirosept SC is beskikbaar in houers van 1 liter, 5 liter, 25 liter, 210 liter en 1 000 liter.