
Die duurste bul, NFS 19-321, is teen R1,8 miljoen aan Goosen se bonsmara-stoet, G10 Boerdery, van Burgersdorp verkoop. Die vorige rekordprys is in 2021 behaal toe 'n bul vir R800 000 aan mnr. Renier Fouché van Weiveld Bonsmaras verkoop is.
Die gemiddelde prys vir die 48 bulle wat op die veiling aangebied is, was R163 152, wat goed vergelyk met 2021 se gemiddelde van R157 000. Vroulike stoetdiere is teen gemiddeld R74 032 (R53 471 in 2021) verkoop terwyl kommersiële koeie (3-in-1) gemiddeld R34 960 (R36 400) behaal het. Kommersiële, dragtige verse is teen gemiddeld R25 996 (R23 040) verkoop en kommersiële verse teen gemiddeld R16 681 (R16 303).
Die afslaer was mnr. Johan van der Nest wat reeds vir die 39ste keer dié veiling waargeneem het, en daar was lewendige belangstelling van die 252 geregistreerde kopers wat die veiling bygewooon het of aanlyn gebie het.
Volgens mnr. Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep, sal die bul wat Goosen gekoop het, baie goed aanpas in die Burgersdorp-omgewing, wat soortgelyke veld- en klimaatsomstandigede het as Edenville
“Dis net 'n baie goeie bul met uitstekende teelwaardes en ongeooflike vleiseienskappe.”
Serfontein beklemtoon dat stoetbulle wat rekordpryse behaal, vir hul eienaars moet werk en waarde skep. “Dis nie 'n ego-speletjie hierdie nie. Die diere moet markwaarde weerspieël en ek is oor die algemeen baie tevrede met die uitkoms van die veiling.”