AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere daaraan herinner dat hondsdolheid oral kan bereik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Soos met alle ander burgers reg oor die land, word Suid-Afrika se boere en ander plattelandse inwoners daaraan herinner dat hondsdolheid hulle ook kan tref.

Soos met alle ander burgers reg oor die land, word Suid-Afrika se boere en ander plattelandse inwoners daaraan herinner dat een van die wêreld se oudste en dodelikste siektes, hondsdolheid, hulle ook kan tref. Aangesien daar geen doeltreffende geneesmiddel is sodra die simptome van hondsdolheid verskyn nie, is voorkoming en bewusmaking die enigste strategieë wat kan voorkom dat mense en diere aan 'n verskriklike dood beswyk.

Dit was die belangrike boodskap wat verskillende Suid-Afrikaanse owerhede oor menslike en dierlike gesondheid gegee het op ’n webinaar op die 15de Wêrelddag vir Hondsdolheid op 28 September. Die webinaar wat deur die nasionale dieregesondheidsforum (wat uit openbare en private organisasies bestaan) aangebied is, het die internasionale doelwit beklemtoon om hondsdolheid by mak honde teen 2030 uit te skakel.

Dr. Mpho Maja, direkteur van die direktoraat dieregesondheid by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê 99% van die meer as 59 000 mense wat jaarliks wêreldwyd aan hondsdolheid sterf, is deur honde besmet. Daarom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika se openbare en private sektor, insluitend alle honde-eienaars, gesamentlik die verantwoordelikheid neem om ten minste 70% van die land se honde teen hondsdolheid te laat inent.

Dr. Jacqueline Weyer, ’n kenner van soönose by die nasionale instituut vir oordraagbare siektes, het gesê tot dusver vanjaar is sewe mense in Suid-Afrika hondsdolheid dood. Elkeen van hierdie sterftes sou waarskynlik deur voorkoming en bewustheid vermy kon word.

Mnr. Kevin le Roux, bestuurder van die hondsdolheidsprojek van KwaZulu-Natal se veeartsenykundige dienste, het gesê mense moet verstaan dat die hondsdolheidvirus in die speeksel van ’n besmette dier gedra word. ’n Mens of ander dier kan daarom hondsdolheid opdoen wanneer ’n besmette dier hulle lek of selfs krap. Die virus kan die kleinste snywonde en skrape binnedring.

“Simptome van hondsdolheid kom nie altyd voor as ’n dier wat skielik onnatuurlik aggressief optree nie – die simptoom staan bekend as die woedende vorm van hierdie siekte. Daar is ook die stom of lam vorm waar ’n dier se bewegings ongekoördineerd raak. Wat baie algemeen voorkom, is dat besmette diere veranderinge in hul gewone gedrag begin toon, soos wanneer normaalweg skrikkerige wilde diere nie vir mense bang is nie,” het Le Roux gesê.

Dr. Didi Claassen, uitvoerende hoof van tegniese en bemarkingsondersteuning by Afrivet, het gesê alle soogdiere kan hondsdolheid opdoen. Simptome van besmetting by mak vee, asook wanneer besmetting plaasvind deur die byt van besmette honde of wilde diere soos jakkalse, is uiteenlopend. Beeste kan hees begin brul of begin optree asof daar ’n voorwerp in hul keel is.

Al die webinaar se kundiges oor dieregesondheid het boere en ander diere-eienaars gewaarsku om vermeende gevalle van hondsdolheid nie self te hanteer nie. Hulle moet eerder dringend die hulp inroep van openbare of private dieregesondheidswerkers met die nodige kennis en die regte toerusting. Enigeen wat vermoedelik in aanraking met ’n hondsdol dier kom, moet onmiddellik mediese hulp kry.

Besoek www.gov.za/world-rabies-day, www.dalrrd.gov.za/Home/Rabiesof www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/rabiesvir nog inligting.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,714.76
-0.7%
Silwer
20.57
-2.4%
Palladium
2,255.32
-2.9%
Platinum
920.90
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot