Landbouweekblad se sustertydskrif, African Farming, het ’n boeredag gemik op opkomende boere by die Pietersburg-veilingsentrum gehou. Die sprekers het ingesluit mnre. Patrick Sekwatlakwatla van die Sernick Groep, Roaland Jooste en Willem Kleyn van Elanco Animal Health, en Craig le Roux van Vleissentraal.
Volgens me. Irma Lottering, ’n onderwyser by Curro Heuwelkruin, het dié boeredag vir graad 10-12-leerders in landbouwetenskappe en landboubestuurwetenskappe ’n praktiese geur gegee aan die sillabus wat hulle tans behandel.
“Die leerders geniet ’n leerervaring altyd meer as dit buite die klaskamermure kan geskied. Om te leer waarvoor om te kyk wanneer jy ’n bees op grond van kondisie selekteer, teenoor om die twee beeste se kondisie fisiek in die kraal te vergelyk, maak die leerervaring soveel interessanter en opwindender,” sê Lottering.