Danksy ’n teelbeleid gemik op ’n Bonsmara-stoetnageslag wat in kommersiële toestande kan floreer, het mnr. Hannes van den Berg se Kalkveld-stoetery die toets van die tyd – meer as ’n halfeeu lank – suksesvol deurstaan.
Dié Reivilo-boer wat uit Bonsmara-bloubloedtelers stam, meen dat bulle in dieselfde toestande getoets moet word as wat hul nageslag moet produseer en reproduseer. Binne daardie raamwerk selekteer hy in sy Kalkveld-kudde vir goed gebalanseerde teelwaardes.
Van den Berg sê veekundiges is dit eens dat dit ideaal is om bulle onder dieselfde omgewingstoestande te toets as waar hul nageslag moet produseer en reproduseer. Voerkraaltoetse meet groei, terwyl groei- en aanpassingsvermoë in ’n veldtoets gemeet word.