AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Charolais-koei is opperstewêreldkampioen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brche Berkley Ann 8507, ’n Charolais-koei wat aan Justine and Ty Bullick van die Charolais-stoetery Prairie Cove by Bashaw, Alberta, Kanada, behoort, is as die wêreld se opperstekampioenbees aangewys. Hier is sy met haar kalf saam met die familie en ander betrokkenes. Foto: Verskaf
Brche Berkley Ann 8507, ’n Charolais-koei wat aan Justine and Ty Bullick van die Charolais-stoetery Prairie Cove by Bashaw, Alberta, Kanada, behoort, is as die wêreld se opperstekampioenbees aangewys. Hier is sy met haar kalf saam met die familie en ander betrokkenes. Foto: Verskaf
’n Kanadese Charolais-koei is as 2022 se opperstekampioen van die wêreld aangewys.

’n Kanadese Charolais-koei is as 2022 se opperstekampioen van die wêreld aangewys in ’n internasionale kompetisie waarin beeste van oor die wêreld teen mekaar meegeding het en op grond van foto’s beoordeel is.

Die wenner, Brche Berkley Ann 8507, behoort aan Justine and Ty Bullick van die Charolais-stoetery Prairie Cove by Bashaw, Alberta, Kanada. ’n Ander koei van die stoetery is in 2018 as die opperstekampioen aangewys.

Mnr. Willie de Jager wat by Vryburg met vee en wild, en by Kirkwood met sitrus boer, een van die vyf beoordelaars, bestempel die algehele wenner as die beste Charolais-koei wat hy in sy lewe gesien het. “Ongelukkig kon ons haar net op een foto beoordeel, maar sy toon baie vroulikheid en dra baie vleis. Sy het ’n goeie uier, bene, lengte en bouvorm. Haar kalf op die foto is ’n absolute spieëlbeeld van die ma.”

Die kompetisie word jaarliks deur ’n oud-Suid-Afrikaner, mnr. PJ Budler, aangebied. Hy woon sedert sy verhuising vanaf Johannesburg na Amerika in Texas en is ’n gesogte beesbeoordelaar op skoue oor die aardbol heen.

Skoukampioene kan vir die kompetisie ingeskryf word. Dan neem hulle afsonderlik in vier streke deel, naamlik Afrika-Asië (wat Australië en Nieu-Seeland insluit), Suid-Amerika, Noord-Amerika en Europa. Die lande in elke streek ding binne rasverband teen mekaar mee; bulle en koeie afsonderlik. Die streekwenners dring na die wêreldkampioenskap deur. Altesaam 1 850 beeste is vir die jongste kompetisie ingeskryf.

Suid-Afrika het drie wêreldkampioene opgelewer, naamlik die Simmentaler-bul Leeupoort Zarlo PN 15-462, geteel deur mnre. Peet en Gert Nienaber, Leeupoort-stoetery, Rustenburg, en vertoon deur mnre. Chris en Pieter Oelofse, Taaibosspruit-stoetery, Lichtenburg; die Santa Gertrudis-bul SS 17-01 Smash van mnr. Desmond Robertson, Santarific-stoetery, Brandfort; en die Droughtmaster-bul TOP 19-100, van mnr. Johann Pistorius, On Top Droughtmasters, Standerton.

Die ander beoordelaars met die finale beoordeling was mnre. César Payán Meyer (Colombia), Garth Rancier (Kanada) en William McLaren (Skotland), en me. Erica Halliday (Australië).

In die finale beoordeling toe al die verskillende wêreldkampioene met mekaar meegeding het, is die kampioene in twee afdeling ingedeel. Hulle het in vyf uitkloprondes meegeding. Die Droughtmaster-bul was die enigste Suid-Afrikaanse bees wat tot die tweede ronde deurgedring het, maar hy het daar uitgeval.

Die twee groepe se uiteindelike finaliste het toe teen mekaar te staan gekom waar Brche Berkley Ann 8507 die ander groepwenner, ’n wit Brahman-bul van Amerika, om die gesogte kroon geklop het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot