Volgens mnr. Isak Staats, hoof van wol en sybokhaar by BKB, was Suid-Afrika in die seisoen die wêreld se grootste verskaffer van gesertifiseerde wol, en is goeie premies op dié wol verdien.
“Suid-Afrika is besig om ’n goeie naam te kry as ’n plek waar jy dié tipe wol kan kry.”
Premies is selfs verdien toe die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse wol bestem vir China nie verkoop kon word nie.