Die vraag na Suid-Afrikaanse wol sal bly toeneem, meen mnr. James de Jager, uitvoerende hoof van Segard Masurel SA, ’n wolkoper-en-makelaarsgroep wat sy eie volhoubare wolstandaard, Abelusi, het.
“Ons boerderypraktyke en produksie-etiek lei hom daartoe dat ons wol gesog sal wees – nou én in die toekoms.” Volgens mnr. Jacques le Roux, hoofbestuurder van vesel by OVK, is die wolbedryf goed geplaas vir verdere herstel vanjaar, wat markte én produksie betref.
Groei die afgelope paar maande was egter swakker as verwag. Mnr. Leon du Plessis van BKB sê markte is besig om te stabiliseer ná die aanvanklike covid-19-terugslag, en ’n stygende neiging word verwag.