Internasionale en plaaslike kundiges het dié aspek van veeboerdery in diepte bespreek tydens die bekendstelling van ’n nuwe middel wat rumengesondheid ’n hupstoot gee.
Beter dieregesondheid, melkproduksie én reproduksie is die voordele wat ’n gesonde rumen bied. Daarom is daar die afgelope tyd groter klem as ooit tevore op die spysverteringstelsel en die uitwerking daarvan op vertering en die immuunstelsel.
“Ons moet van bakterieë begin hou,” het dr. Hannes Viljoen, besturende direkteur van Envarto (Edms.) Bpk., in Centurion gesê waar sy maatskappy ’n nuwe probiotika vir diere en ’n middel vir kuilvoer bekend gestel het.