Ek is besig om met Kalahari Red-bokke te begin boer. Ons het ’n paar hektaar onder oulandsgras wat gebaal word vir die winter. Ons het ook natuurlike weiding vir die somer. Hoe vergelyk oulandsgras se voedingswaarde met dié van ander grassoorte? Is dit beter om die oulandsgras met lusern te ruil?
Ek het gehoor bokke en skape kan nie op lusern wei nie, maar dit lyk of dit onwaar kan wees. Ek wil ook graag weet hoe verskil voermengsels in die somer teenoor die winter as ’n mens wel iets soos oulandsgrasbale in die winter het.
Oulandsgras (Eragrostis spp.) se voedingswaarde kan taamlik verskil as gevolg van grondtipe, besproeiing of nie, en bemesting of nie. Lusernweiding is ’n baie goeie ruvoerbron mits dit reg bestuur word. Sien die TABEL hieronder vir ’n vergelyking.