Enige wenke vir algemene voerprogramme en bestuur? Hoe moet ek te werk gaan om ’n sukses van my planne te maak? Die voer van klas C-beeste is om die volgende redes tans ’n goeie opsie wat winsgewendheid en vinnige kontantvloei betref: Die prys van klasse A, B en C is relatief naby aan mekaar (klas A- en klas C-beesvleis kan soms met slegs R4/kg verskil).
Klas C-beeste se staantydperk kan 40-60 dae wees, teenoor klas A-beeste wat gemiddeld 120 dae staan voor die diere slaggereed is. Die koopprys van klas C-beeste moet fyn dopgehou word, maar almal het al gehoor “gewig klop prys”.
Daar is twee opsies van afronding: