AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Dodelike voëlgriep eerste keer onder wilde voëls in Namibië

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vir die eerste keer is in Namibië ’n uitbreking van die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep onder wilde voëls aangemeld. Foto: Dr. Kerstin Voigts
Vir die eerste keer is in Namibië ’n uitbreking van die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep onder wilde voëls aangemeld. Foto: Dr. Kerstin Voigts
Voëlgriep het in 2017 laas in Namibië voorgekom.

Die hoogs aansteeklike H5N1-stam van voëlgriep is onlangs die eerste keer in Namibië onder wilde voëls opgemerk, het Namibië se ministerie van landbou, water en grondhervorming bevestig. In 2017 het ’n minder aansteeklike stam wat minder vrektes veroorsaak het, in die land voorgekom.

Die jongste uitbreking het by die Namibiese kusdorpe Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai voorgekom. Die toetse is gedoen by die sentrale veterinêre laboratorium in Windhoek en die gevalle is deur ’n laboratorium in Oostenryk bevestig.

Vrektes kom slegs onder wilde voëls voor, veral die Kaapse seeraaf, wat ook bekend is as die Kaapse trekduiker, en onder pelikane op Voëleiland en die gebiede in die omgewing van die Soutmaatskappy. Honderde Kaapse seerawe, pelikane en selfs duiwe het gevrek. Siek voëls is opgemerk met simptome van bewing, steierende beweging, geswelde koppe en sommiges is so swak dat hulle nie van mense af kan wegvlug nie.

Die H5N1-stam is deur wilde watertrekvoëls in Namibië versprei. Hierdie virusstam kom wêreldwyd voor onder trekkende watervoëls.

Tekens van die siekte onder voëls wat gevrek het, is onder meer koppe wat blou en geswel is, blou en geswelde voete wat rooierig vertoon, inwendige bloeding, groen diarree, verwringde nekke en verlamde vlerke en bene. Die vrektekoers kan 100% wees. Daar is geen suksesvolle behandeling vir voëlgriep nie en besmette voëls vrek gewoonlik binne 48 uur.

Hierdie siekte word versprei wanneer gesonde voëls in aanraking kom met water en kos wat besmet is met speeksel, neusuitskeiding en ontlasting van geaffekteerde voëls of met die siek voëls self.

Voëlgriep is hoogs aansteeklik vir pluimvee. Daar is nog geen gevalle tans onder pluimvee in Namibië nie.

Voorsorg

Voorsorg wat getref kan word om jou pluimvee teen voëlgriep te beskerm, is om dit weg te hou van gebiede waar wilde voëls voorkom. Moenie enigiets naby jou hokke aanhou wat wilde voëls kan lok nie. Dit is belangrik om streng beheer te handhaaf oor die skoonmaak en ontsmet van hokke, veral om mis en afval behoorlik te verwyder.

Hou pluimvee weg van voertuie waarmee hoenders of voëls vervoer is. Sulke voertuie moet behoorlik ontsmet word ná die vervoer van pluimvee of voëls.

Vermy dit om jou troetelvoël aan wilde voëls bloot te stel.

Die Namibiese direktoraat van veterinêre dienste versoek almal om verdagte vrektes by die naaste staatsveeartskantoor aan te meld. Die publiek moet nie siek of dooie voëls met hul kaal hande hanteer nie, aangesien voëlgriep ? soönose siekte is wat na mense oorgedra kan word. Daar is ’n verbod geplaas op die vervoer van alle lewende voëls.

Dit is verbode om voëls teen voëlgriep te ent en om siek voëls te behandel aangesien voëlgriep in Namibië nog nie endemies is nie. As dit as endemies verklaar word, sal ’n verbod geplaas word op die uitvoer van hoendervleis, wat die pluimveemark onder groot druk sal plaas. ’n Verdere rede vir ’n verbod op inenting is dat ingeënte voëls nie siek gaan raak nie, maar steeds die virus kan oordra en veroorsaak dat dit muteer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot