Presisiebestuur in ’n ekstensiewe gebied is ál manier om volhoubaar en een stap voor droogtes en roofdiere te bly. In sy semi-intensiewe lamstelsel op die veld het mnr. Koos Briedenhann van die plaas Buffelhoek by Otjiwarongo in die noorde van Namibië uitstekende groeisyfers met Damara-skape en vleisbeeste.
In daardie deel van Namibië is hy nie net gereeld aan droogtes blootgestel nie, maar roofdiere en indringerbosse maak dinge ook moeilik vir ’n veeboer. Daarom dink hy slim boereplanne uit en benut alle geleenthede om sukses te behaal. Briedenhann boer sedert 2018 nadat hy eers as ingenieur gewerk het.
Hy word steeds deur sy pa, Timo, bygestaan. Die bekamping van indringerbosse het ’n leeue-aandeel in hul sukses. Weens bosverdigting was die veld se drakrag voorheen net 34 kg lewende gewig/ha.