Dit is luidens ’n studie deur Duitse navorsers wat die witbloedseltellings van troppe perde in verskillende situasies oor ’n lang tydperk gemeet het.
Witbloedselle versterk die immuunstelsel. Die bevindinge is in die vaktyd-skrif Plos One gepubliseer.
Die navorsers meen om alleen op stal te wees, kan ’n chroniese invloed op ’n perd se immuunstelsel, algemene gesondheid en welstand hê.