Haar indekse en prestasie is ’n bewys dat sy oor die regte eienskappe beskik om van ’n plek in die ZZ2-kudde verseker te wees.
Die eienaars van die megaboerdery ZZ2 aan wie die PinZ²yl- Elite-koei, PZ 10-0007, behoort, meen sy kon selfs beter presteer het. ZZ2 het die grootste Pinzgauer-stoetery ter wêreld.
Dit het sy beslag gevind toe wyle mnr. Bertie van Zyl sy eerste Pinz- gauers in 1964 ingevoer het. In die laat 1990’s is begin met kruisteling in die soeke na ’n meer geskikte, aangepaste beesras vir die strawwe omgewing by Mooketsi.