AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Geesdrif en vennootskappe laat kuikenboer groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Kuiken van die nuwe Northroost Hatchery in Makhado (Louis Trichardt). Foto: Peter Ndele
’n Kuiken van die nuwe Northroost Hatchery in Makhado (Louis Trichardt). Foto: Peter Ndele
Mnr. Clive Tigere, 28-jarige kuikenboer van Limpopo, se geesdrif, deursettingsvermoë en entrepreneurskap het gemaak dat die moderne Northroost Hatchery gister (20 Oktober) amptelik geopen kon word.

Danksy vennootskappe met groot pluimveemaatskappye kon Tigere, entrepreneur van KC Hatchery, se aanvanklike lewering van byna 20 000 dagoudkuikens per week uit die motorhuise van sy pa, dr. Patrick Tigere, uitgebrei en ontwikkel word sodat Northroost Hatchery nou 208 000 gehalte-dagoudkuikens per week vanuit sy moderne nuwe broeihuis in Makhado (Louis Trichardt) kan lewer.

Northroost is ’n gesamentlike onderneming tussen KC Hatchery, Country Bird Holdings (CBH) en Bushvalley Chicken.

Volgens mnr. Brendon de Boer, uitvoerende hoof van CBH, het die pluimveebedryf hom in die pluimveemeesterplan tot transformasie verbind en is dié projek ’n voorbeeld daarvan. Northroost Hatchery het ’n werklikheid geword omdat daar samewerking was tussen die staat, geïntegreerde produsente en plaaslike entrepreneurstalent.

“Dit is ’n kwessie om stewige projekte met werklike potensiaal in die landelike gebiede te vind, maar hulle ís daar en deur saam met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) te werk om hulle te identifiseer, kan nuwe markte geopen word en die bedryf groei.

“Ek hoop ons kan meer stewige projekte soos Northroost vind, in die hele pluimveewaardeketting, van broeihuise tot by verwerking, waar plaaslike sakelui met potensiaal se vaardighede bevorder kan word en hulle ondersteun kan word.”

CBH verskaf bevrugte Arbor Acre-eiers aan Northroost, Tigere hou toesig oor die broeiproses en Bushvalley het ’n afset-ooreenkoms vir ’n beduidende persentasie van die dagoudkuikens. Northroost verskaf ook dagoudkuikens aan klein braaihoenderboere vir die informele mark.

Northroost Hatchery
Die gebou van Northroost Hatchery in Makhado tesame met sy moderne toerusting verteenwoordig ’n belegging van R56 miljoen. Foto: Peter Ndele

Volgens Tigere bring Northroost vir braaihoenderboere in Limpopo baie nader toegang tot deurlopende volumes dagoudkuikens van hoë gehalte, wat hul ondernemings kan help groei.

“Die informele pluimveebedryf neig om onder die radar te wees, maar dit verteenwoordig soveel geleenthede vir groei en welvaartskepping in baie gebiede in die land waar daar min ander werkgeleenthede is,” sê hy. Hy hoop die staat kan Northroost se model gebruik om ander entrepreneurs ook te help, sodat transformasie organies kan plaasvind.

CBH en Bushvalley, wat in Tzaneen gesetel is, het oorbruggingsfinansiering vir die bou van die modern toegeruste broeihuis van R56 miljoen verskaf, terwyl Northroost gewag het vir finansiering vanaf die NOK. Dié finansiering behels gemengde finansiering omdat dit ook ’n staatstoekenning insluit, sê mnr. Kgampi Bapela, hoof van die eenheid vir voedselverwerking en landbou by die NOK.

Northroost Hatchery
Die dryfkrag agter die gesamentlike onderneming Northroost Hatchery is mnr. Clive Tigere (tweede van regs), entrepreneur van KC Hatchery, saam met (van links) dr. Jack Biko, ’n aandeelhouer, en mnre. Ian Preece, uitvoerende hoof van Bushvalley Chickens en Brendon de Boer, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings (CBH). Foto: Carien Kruger

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.89
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,853.28
-1.3%
Platinum
992.00
-0.8%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot