Met weidingskaarste in die Noord-Kaap kan kameeldoringpeule, prosopispeule, B-graad-rosyne en boskos (gemaalde bos) gevoer word. Dit is wel belangrik om peule en rosyne beperkend te voer (maksimum 2-3 kg/koei) met ad lib-toegang tot ruvoerbale of boskos.
Diere moet ook geleidelik by peule en rosyne aangepas word om suurpens en opblaas te voorkom. Die risiko van dié metaboliese steurnisse kan verder verlaag word met die gebruik van lekke wat medikamente bevat, soos Voermol Molovite (reg.nr. V7266, Wet 36 van 1947) en Voermol Supermol (V7267).
Met die gebruik van boskos word dit sterk aanbeveel om ’n tannienbinder, soos Virbac se Browse Plus (V11013), te gebruik. Om energie, proteïen en minerale in boskos te balanseer, word die insluiting van Voermol Super 18 (V355) teen 20% aanbeveel.