AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Groot opwinding oor Jeugskou

Die 14de nasionale Jeugskou word van 22 tot 25 September by die Hoërskool Kroonstad in die Vrystaat gehou word.

Kompetisiekoors loop hoog vir die 14de nasionale Jeugskou wat vanaf 22 tot 25 September by die Hoërskool Kroonstad (ook bekend as die Bloues) in die Vrystaat gehou word.

Mnr. Breyton Milford, projekkoördineerder by Agri Expo, sê die Wes-Kaapse deelnemers het die kompetisie die afgelope sewe jaar oorheers, met die Vrystaat wat ’n paar jaar tweede gekom het. 

Hy meen egter strawwe mededinging wag wanneer die Vrystaat nou die geleentheid gaan kry om op sy “tuisveld” mee te ding. 

Mnr. Frikkie van Zyl, departementshoof van landbou by die Bloues en mede-organiseerder van die skou, meen egter Gauteng het ’n beter kans as die Wes-Kaap om die vonke te laat spat. 

“Die Vrystaat het net so 50 inskrywings, terwyl Gauteng vanjaar vir die eerste keer meer as 70 deelnemers ingeskryf het. Dit is waarskynlik omdat al hoe meer skole aan dié sport deelneem. Dit beteken dat dié provinsie op gelyke voet met die Wes-Kaap (effens minder as 80  deelnemers) is.” 

Vir Van Zyl is die skou belangrik omdat dit ’n omgee-kultuur en verantwoordelike houding onder jong mense jeens diere kweek. “Jong mense leer om ’n geskikte dier te selekteer, op te lei, vir die skouring voor te berei en te vertoon tot die beste voordeel van die dier.”

Rekordgetal inskrywings
Die organiseerders verwag dat altesame 416 kinders van ál nege provinsies aan die skou sal deelneem. Verlede jaar het 405 kinders deelgeneem. Milford skryf die groei toe aan goeie bemarking en die feit dat skougenootskappe die waarde van jeugskoue besef. 

“Daar is sterk mededinging tussen landbou-skole en in baie van die provinsies word gepoog om ook plaasskole by die skoue te betrek. In die verlede het die Oos-Kaap byvoorbeeld nie deelgeneem aan die nasio-nale Jeugskou nie, maar vanjaar is daar amper 30 deelnemers van dié provinsie. In die Wes-Kaap se streekskompetisies was daar meer as 800 deelnemers.

“Die skou is ook toegankliker gemaak vir jong kinders. ’n Nuwe ouderdomsgroep vir kinders onder tien is bekend gestel. In die verlede moes dié kinders teen die onder 13’s meeding en baie van hulle het in die proses uitgeval.

“Verder is jeugskoue ’n manier om jong mense na skoue te lok wat ook maak dat skoue die pakket wat hulle aanbied, kan vergroot,” sê Milford. 

Naamregte-borgskap
Dit is die eerste jaar dat die skou sal bekend staan as die Mutual & Federal Agri Nasionale Jeugskou aangesien dié versekeringsmaatskappy ’n drie jaar lange borgskap met die Agri Expo (organiseerder van die Jeug-skou) onderteken het. Landbouweekblad wat al die afgelope tien jaar by die skou betrokke is, is vanjaar een van die platinum-borge.

Registrasie en die opening van die skou is op Sondag 22 September, die was en voorbereiding van diere is die volgende dag en skoumanskap vind Dinsdag plaas. Groepklasse en die prysuitdeling is op 25 September.  

Deelnemers aan die skou word beoordeel in die volgende afdelings: Omgee en gemak van die dier tydens die skou, kennis van die dier se behoeftes en praktiese aspekte van opleiding en voorbereiding, voorbereiding van die dier vir die skouring en skoumanskap in die ring.

Die klasse sluit in melk- en vleisbeeste, perde, vleisbokke, melkbokke, veselbokke, vleis- en wolskape, varke, hoenders, konyne, sier- en wedvlugduiwe, suiwelbereiding en kulinêre kuns. Leerlinge neem in die ouderdomsgroepe junior-junior-groep (onder 10), junior-groep (onder 14) en senior-groep (onder 18) deel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot