Die boer kan dit dus op verskillende plekke gebruik om sy beeste, skape of bokke te doseer en te behandel, pleks daarvan dat die diere ver aangejaag moet word. ’n Forseerkraal met ’n drukgang van 6 m maak veral werk met kleinvee makliker.
Mnr. Renier Myburg, die eienaar, sê hy vervaardig ook groter forseerkrale vir tot 50 beeste met houkrale en ’n langer drukgang. Een van die modelle pas op ’n hoëspoed-sleepwa met ’n laaibank. Die krale word van klas A-staal van hoë gehalte vervaardig.
Pryse hang af van die grootte van die krale en lengte van die drukgange. Die onderneming vervaardig ook kratte, werkstasies, lyfklampe, lamhokke, spuitdippe en ander toerusting, en lewer landwyd af.