Nederlandse navorsers ontwikkel ’n stelsel wat gebruik sal kan word om individuele Holstein-koeie te monitor op grond van die patrone op hul vel.
Luidens ’n verklaring op die webblad EurekAlert is ’n navorsingspan van die Universiteit van Groningen se langtermynplan om ’n stelsel te ontwerp wat koeie reg oor ’n plaas voortdurend kan monitor.
Hulle meen dit is beter om individuele diere op grond van hul voorkoms uit te ken as dat die diere sensors of halsbande dra wat gediens moet word en ’n beperkte reikwydte het.