In die verlede is gemeen PEM word deur ’n tiamien- of vitamien B1-tekort veroorsaak. Vandag weet ons daar is ook vele ander oorsake.
Die siekte kom sporadies voor by veral jong, goedgevoerde kalwers en lammers, en word gekenmerk deur senuweesimptome. Gewoonlik is tiamientekorte onwaarskynlik omdat genoeg tiamien in plante, sade, giste en melk teenwoordig is.
In normale toestande word daar genoeg tiamien in die rumen van herkouers vervaardig indien die ruvoerinname goed gebalanseerd is. ’n Belangrike vereiste is dat daar genoeg maklik verteerbare koolhidrate teenwoordig moet wees.