My skape wei bedags en word laatmiddag in ’n kraal gesit met ram-, lam- en ooikorrels. Ek gaan in die komende weke droëboonreste baal en soek ’n rantsoen wat ek self kan meng met die reste.
Peulgewashooi is goeie hooi vergeleke met grashooi, maar swakker as lusernhooi wat proteïeninhoud en verteerbaarheid betref. Die proteïeninhoud van boontjiehooi wissel van 8% tot 12% na gelang van die hoeveelheid peule wat ná stroop agterbly.
Die mengsels in die onderstaande tabel kan as volledige voer in die kraal gevoer word. Die mengsels sal almal verkorrelbaar wees. Eksperimenteer net met die melassemeel- en mielie-insluiting, want elke verkorrelingsmasjien is anders.