Melkboergetalle in Suid-Afrika kwyn drasties namate groter produsente kleiner melkerye, wat nie kan tred hou met stygende produksiekoste en middelmatige produsentepryse nie, absorbeer.
Tog meen mnr. Etienne Zeeman jr. van Leeurivier in Swellendam, wie se melkgehalte en vaste stowwe deurlopend onder die hoogste in Suid-Afrika is, dat sy hoëgehaltemelk in aanvraag sal bly.
In Zeeman se melkery is net minder as 400 Jersey-koeie in melk, en sy totale kudde bestaan uit sowat 700 diere. “Die gehalte van die melk wat ek produseer, staan uit en gaan altyd in aanvraag wees.