AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Honde wys hul staal as veewagters vir Namibiese boere

akkreditasie
Kangal- en Anatoliese skaaphonde is goeie veewagters omdat hulle hard blaf, baie beskermend is en nie skrik vir hoë temperature nie. FOTO’S:  ANDREW  HARRINGTON, CHEETAH  CONSERVATION  FUND
Kangal- en Anatoliese skaaphonde is goeie veewagters omdat hulle hard blaf, baie beskermend is en nie skrik vir hoë temperature nie. FOTO’S: ANDREW HARRINGTON, CHEETAH CONSERVATION FUND
Namibiese kleinveeboere wat Kangal- en Anatoliese herdershonde aanhou spesifiek om hul vee teen roofdiere, soos jagluiperds, te beskerm, het lof vir hul viervoetige assistente. Dít blyk uit ’n oorsigstudie oor bedrywighede in die eerste 25 jaar sedert die Cheetah Conservation Fund (CCF) begin het om die konsep van honde as veewagters onder Namibiese boere bekend te stel.

Die langtermynstudie onder 1 500 boere het in die vaktydskrif Journal of Vertebrate Biology verskyn. Dit is volgens die CCF se navorsingspan die breedvoerigste studie nóg oor die gebruik van honde as veewagters in Afrika.

Die opname, wat van 1994 tot 2018 gedoen is, wys dat 91% van die boere ’n besliste afname in roofdierverwante veeverliese ervaar het.

Boere was ook van mening dat dit konflik verminder het tussen die veebedryf en jagluiperds, ’n bedreigde roofdier wat bedags jag en in Namibië wydverspreid oor plaasgebiede voorkom.

“Dit het gehelp om die jagluiperdbevolking gesond te hou en gekeer dat die Namibiese ekostelsel destabiliseer,” sê dr. Laurie Marker, CCF-stigter en huidige studieleier.

Volgens haar is daar net sowat 7 500 wilde jagluiperds oor, en speel dié diere ’n belangrike rol in Namibië se toerisme-aanbod. Sy sê CCF het reeds soortgelyke inisiatiewe in Suid-Afrika, Botswana en Tanzanië begin.

HONDERASSE

Die idee om honde as veewagters te gebruik, het volgens argeologiese rekords reeds sowat 3 500 jaar v.C. in antieke Mesopotamië begin.

In Namibië het CFF reeds 634 vee- oppasserhonde sedert 1994 geteel en teen ’n lae tarief by kleinveeboere uitgeplaas. Die organisasie behou ’n verbintenis met die diere. Hul toestand word deurlopend gemonitor, en die honde word heropgelei of verplaas waar nodig.

Kangal- en Anatoliese skaaphonde is albei groot geboude, Turkse honderasse wat hard blaf. CCF lei hulle saam met skape en bokke op, en die diere smee sodoende ’n uiters beskermende band met kleinvee. Hulle is snags aktief en skrik nie vir hoë dagtemperature nie. Volgens CCF is die blaf van dié honde gewoonlik ’n groot genoeg afskrikmiddel vir roofdiere. As hulle wel van aangesig tot aangesig met ’n roofdier kom, beskerm die hond die trop instinktief.

Honde word gesteriliseer voordat hulle uitgeplaas word om te keer dat hulle onnodig hul trop verlaat. Hul werkverrigting word nie belemmer as ander honde naby is nie.

Volgens Marker beïnvloed die ouderdom waarop ’n hond op ’n spesifieke plaas begin werk ook nie hul werkverrigting nie, want hulle het reeds van kleins af ’n band met vee. Daarom kan die honde geredelik tussen plase verskuif word.

Die meeste boere in die opname het hul honde snags saam met vee in ’n kraal aangehou. In 62% van gevalle het veewagters saam met die honde die vee opgepas.

Die meeste boere (81%) het gesê hulle het vee verloor in die jaar voordat hulle ’n CCF-hond bekom het. Van hulle het 24,7% minstens 5 stuks vee aan roofdiere verloor, 30% tot 10 stuks vee, 19% meer as 10 diere en 7% meer as 40 diere. Verliese is grootliks toegeskryf aan jakkalse (67% van gevalle), jagluiperds (25%) en rooikatte (21%). Die res van die boere het honde bloot as ’n voorsorgmaatreël bekom.

In die jaar nadat hulle ’n CCF-hond bekom het, het 67% van die boere geen verliese gely nie. ’n Verdere 7% het verliese van tot 10 stuks vee gehad, 2% het 10 diere verloor, en 1% meer as 40 diere. Veeverliese wat aan jakkalse, jagluiperds en rooikatte toegeskryf is, het met onderskeidelik 45%, 16% en 15% gedaal.

Volgens Marker en haar medenavorsers het 13% van boere voorheen dodelike bekampingsmaatreëls op hul plase gebruik om roofdiergetalle in toom te hou. Dit het tot 8% gedaal onder diegene wat honde bekom het.

Die studie wys egter daarop dat alles nie maanskyn en rose is nie, en dat veediefstal byvoorbeeld die afgelope jare in Namibië gestyg het. Sommige boere het gereken hul honde beweeg nie genoeg saam met hul veetroppe nie. Party honde het ook diere soos volstruise gejaag en jakkalse, bobbejane, rooikatte, vlakvarke en jagluiperds gevang.

Die CCF se studie het gewys sulke gedrag is dikwels die gevolg van honde wat nie genoeg aandag en sorg kry nie, of fisiek in ’n swak toestand is. Gedragsprobleme raak gewoonlik beter namate die hond ouer word, sê Marker. “Ons stel die gebruik van ’n skaapwagter voor wat van jongs af aan ’n hond se ongewenste gedrag kan werk.”

LEWENSDUUR

Sedert 1994 het sowat 80% van die honde voor die ouderdom van 8 jaar gevrek, en 32% voor hulle 2 jaar oud was. Dit is jonk vir honde-veewagters. Marker en haar span wil uitvind hoekom dit so is in ’n poging om die kostedoeltreffendheid van die uitplasing van honde te verbeter.

Data wys reeds dat slangbyt in 55% van gevalle die oorsaak was. “Gedragsopleiding wat honde ’n aversie vir slange leer, asook die teenwoordigheid van veewagters, kan keer dat honde so gereeld gebyt word,” meen sy.

By diere wat weens siektes gevrek het, het 28% ’n vorm van tongkanker gehad. Marker bespiegel dit kan weens Namibië se fel son wees of omdat die honde ’n genetiese geneigdheid daartoe het. Water- en grondmonsters word ook tans geneem op plase waar die honde grootgemaak word.

Luister by youtu.be/_8OsuyEXXr8 na ’n onderhoud met Marker oor die studie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.45
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,019.35
-2.9%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot