In voerkrale is dit veral die geval tydens die aanpassings- en afrondingsfase. In dié tydperke ondervind die beeste baie spanning weens speen, vervoer, weer en ’n nuwe rantsoen.
Dit kan bydra tot meer siektes en swakker benutting van voer. ’n Nuwe probiotika, Bovacillus™ (reg.nr. V32856), is pas deur ’n plaaslike maatskappy, Envarto, en ’n Deense vennoot, Chr. Hansen, bekend gestel.
Dit is ’n nuwe, natuurlike probiotiese aanvulling wat die gesondheid in beeste se spysverteringstelsel verbeter. Dit bestaan uit twee Bacillus-kulture wat stabiel bly wanneer dit by voer, voerkorrels, vloeibare aanvullings, mineraallekke en lekblokke gevoeg word.