Virbac, ’n vervaardiger van produkte vir dieregesondheid, het die Nutra-Care-voedingsaanvullingsreeks ontwikkel wat ondersteuning aan ’n hond bied. Twee produkte in die reeks is Gluco CARE Premium (poeier, reg.nr. V31850, Wet 36 van 1947) en GlucoPOUR Premium (vloeistof, reg.nr. V32104).
Dié twee produkte bevat hoë konsentrasies natuurlike anti-inflammatoriese bestanddele en avokado-soja-onverseepbare aanvullings (ASU) wat die afbreek van gewrigskraakbeen vertraag.
Dit is ideaal vir honderasse wat vatbaar is vir die ontwikkeling van gewrigsprobleme, asook honde wat van trauma aan die kruisvormige gewrigsband of van ortopediese chirurgie herstel.