Daarom moet die impak van verskillende bestuursmaatreëls goed opgeweeg word, sê dr. Benjamin Allen van die Universiteit van Queensland in Australië.
Om byvoorbeeld herdershonde op ’n plaas te begin gebruik waar hulle nie natuurlike roofdiere is nie (en daarom eintlik indringers is), is ’n vorm van menslike, antroponiese ingryping soortgelyk aan bekampingsmetodes soos nagskiet, gif, draadheinings en slagysters.
“Om groter roofdiere soos dingo’s te gebruik om ander roofdiere te bekamp, veroorsaak stres en vrees onder geteikende diere. Hierdie faktore moet oorweeg word wanneer gepraat word oor sogenoemde ‘roofdiervriendelike’ of ‘menslike’ bekampingsmaatreëls,” reken Allen en sy kollegas in die vaktydskrif Biological Conservation.