Hoewel genetiese werk oor die teel van skape wat minder metaangas vrystel vorder, meen sommige boere dit is eerder die rigting waarin navorsing moet beweeg as die teel van eienskappe, wat al holrug gery is.
Vordering word gemaak deur ’n span navorsers onder leiding van dr. Suzanne Rowe van die AgResearch Invermay-landbousentrum in Nieu-Seeland met ’n nasionale teelprogram wat skaapboerdery koolstof-neutraal wil help maak.
Luidens navorsing is weidende herkouers die bron van 84% van die metaangas en 30% van die kweekhuisgasse wat in Nieu-Seeland vrygestel word. Skape is vir ’n derde hiervan verantwoordelik en beeste vir die res.