AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Jong skaapboer wil ‘boer om te inspireer’

akkreditasie
Met vleis wat sy hoofinkomste is, selekteer mnr. AC du Plooy vir produktiwiteit binne sy kudde. Foto’s: AC du Plooy
Met vleis wat sy hoofinkomste is, selekteer mnr. AC du Plooy vir produktiwiteit binne sy kudde. Foto’s: AC du Plooy
Die jong Oos-Kaapse boer mnr. AC du Plooy meet nie net alles op hul familiegrond ter wille van presisiebeginsels nie; hy meet homself ook aan sy voorgeslagte en wil sodoende voortdurend vernuwe.

Die jong Oos-Kaapse boer mnr. AC du Plooy meet nie net alles op hul  familiegrond ter wille van presisiebeginsels nie; hy meet homself ook aan sy voorgeslagte en wil sodoende voortdurend vernuwe.

Die presisieboerderypraktyke wat mnr. AC du Plooy op die plaas Rietgat by Jansenville in tradisioneel ekstensiewe skaapwêreld kan toepas, kom uit ’n ongewone oord. Hy kan waardevolle lesse put uit die melkbedryf, wat ’n hele paar jaar voor die skaapbedryf is wat denke betref.

Die melkbedryf moes oor die jare sy doeltreffendheid aanpas om steeds winsgewend te bly, met boere wat in die 1990’s met 500 koeie kon boer, maar nou 1 000 of meer melkbeeste moet aanhou om steeds winsgewend te kan wees. Dieselfde geld die skaapbedryf.

“Ons kuddes sal moet groei om ’n bestaan te kan maak, maar die sigaretboksie waarop die data geskryf word, bly dieselfde grootte.”

Daarom pas Du Plooy vandag verskeie presisieboerderypraktyke in sy boerdery toe, soos presisievoeding en om data vir elke skaap vas te vang vir beter besluitneming. Só kan hy doeltreffender boer.

“Presisieboerdery is om jou eie plaas te ontleed en die optimale antwoord te kry van alles wat jy besit om jou doelwit te bereik.”

Deurlopende voervloei

Du Plooy het op ’n mielieplaas in die Vrystaat grootgeword, waarna hy tien jaar lank in die melkbedryf gewerk het. Daar het hy baie lesse geleer wat hy vandag in sy skaapboerdery toepas.

Daarna het hy die geleentheid gekry om op die plaas van sy skoonfamilie te boer, waar daar aanvanklik net wild was. Hy het in die melkbedryf geleer watter belangrike impak voeding op produksie het.

“Jy het dalk op ’n dag ’n trop koeie wat vir die dag wonderlik produseer. Dan skuif jy hulle na ’n swakker kamp en sien dadelik die verskil in melkproduksie.”

Hy pas nou dié konsep van presisievoeding in sy skaapboerdery toe. Die skaapboerdery word semi-intensief bestuur, met die ooie wat in die veld is en net met lamtyd en tydens laktasie in die voerkraal is. Presisievoeding vereis dat hul ooie se voervloei regdeur die jaar konstant gehou word.

“My pa het altyd gesê wanneer jy ’n herkouer moet voer en jy wil haar swak voer gee, moet jy deurlopend swak voer gee. Dit sal beter vir haar gestel wees as wanneer sy die een dag goeie kos en die volgende dag swak kos kry.”

Wanneer die ooie na die voerkraal gaan om te lam, is die kwessie om die intensiewe en ekstensiewe afdelings bymekaar te bring. Die ooie in die veld kry 200-300 g lek per ooi per dag (Afgri se Supertech 25, reg.nr. V17086, Wet 36 van 1947), na gelang van hoe droog dit is.

Die ooie in die voerkraal pas gevolglik makliker in die volvoerstelsel aan en het nie mineraaltekorte nie. Druk word ook van die veld gehaal. Die ooie bly in die voerkraal tot hul lammers op 42 dae gespeen word. Die lammers bly in die voerkraal agter en word vir die slagmark grootgemaak.

Aangesien Du Plooy ’n volvoerstelsel in die voerkraal het en die skape ’n bepaalde hoeveelheid kos in die veld kry, het die droogte nie so ’n groot invloed op die boerdery nie.

“As dit vir ’n ruk nie reën nie, gaan my voerrekening nie hoër word nie. Maar as die reën kom, sal my voerrekening nie laer raak nie. Ons is gewoond aan die uitgawe.” Die voerkraal is ten volle outomaties en verg min hande-arbeid.

Die water- en dieregesondheid word slegs twee keer per dag nagegaan. Aangesien die voer outomaties gegee word, word die diere so min as moontlik gesteur en vind optimale groei plaas.

Voervloei is ’n groot vraagstuk in die Karootoestande, aangesien dit moeilik is om te bepaal hoeveel voer Du Plooy in ’n jaar gaan benodig, asook om seker te maak die kampe word nie vir te lank of te kort bewei nie.

Mnr. AC du Plooy en sy vrou, Dorette.
Die lammers wat geslag word, is ’n Dormer-Merino-kruising om voordeel uit basterkrag te trek.
Lammers word bykans elke week van die jaar aan die mark gelewer.

Alles word gemeet

Die semi-intensiewe skaapboerdery bestaan uit ’n Merino-ooivertakking wat hy met Dormers kruisteel vir basterkrag om stoorlammers aan die mark te lewer. Du Plooy win soveel inligting moontlik van sy ooie in om die regte besluite vir sy boerdery te kan neem.

Hy wil inligting van elke ooi hê om sodoende die nie-winsgewende ooie te kan uitskot.

“Wat weet jy van die ooi? Hoeveel keer het sy gelam? Het sy al ooit gelam? Hoeveel keer het sy ’n vroulike dier gegee en hoeveel keer ’n manlike dier? Het sy al tweelinge gelewer? Is haar lammers vrugbaar? Indien sy jong ooie gelewer het, is hulle al dragtig?”

Hy gebruik die radiofrekwensie-identifikasiestelsel van RFID Experts om alle data oor sy kudde vas te vang. Dit bestaan uit ’n outomatiese sorteerweegskaal en skandeerder met TruTest-integrasie.

Dit gaan gepaard met ’n elektroniese plaatjie wat op die ouderdom van tien dae by al die diere ingesit word. Elke ooi is identifiseerbaar danksy dié plaatjie. Die ooie word tweeweekliks en die lammers weekliks geweeg.

Danksy skale in die voerkraal wat aan die voersilo’s gekoppel is, weet Du Plooy hoeveel kos die diere weekliks vreet. Dit word dan opgeweeg teen die kilogram vleis wat per week opgetel is.

“Ek weet dan byvoorbeeld ek het R25 000 aan voer bestee, en R52 000 se vleis het bygegroei.” Volgens die plaas se drakrag kan hy net 1 000 skape aanhou, maar ter wille van skaalekonomie moet hy nagenoeg 3 000 skape onderhou.

Hy kan dit regkry deur eerder vertikaal as horisontaal uit te brei met die voerkraal en só sy plaas se drakrag bykans verdriedubbel. ’n Groter klem moet eerder op voeromsettingsverhouding (VOV) in die skaapbedryf geplaas word pleks van om net na gemiddelde daaglikste gewigstoename te kyk, meen Du Plooy.

“Die vraag moet wees: Wat het die lam gevreet om die gewigstoename te bereik? Dit help nie die dier tel uitstekend gewig op, maar die hoeveelheid voer wat die skaap vreet om dit te bereik, is nie winsgewend nie.”

Die voerkraal is deur Du Plooy self ontwerp en hy het dit so kostedoeltreffend moontlik gemaak.
RFID-tegnologie stel Du Plooy in staat om volledige inligting oor sy diere te verkry.

Gesonde speenpersentasie

Die boerdery se VOV is tans 1:3,2. Teen R5/kg werk die voeding op sowat R16/kg uit. Met die huidige vleisprys van ongeveer R45/kg is sy wins dus ongeveer R29/kg. Die lammers kry geen ruvoer nie; slegs voerkorrels van Afgri.

Du Plooy kan dié somme maak deur die lammers weekliks te weeg, en het ’n skaal wat aan die voersilo gekoppel is. Die silolesings word Vrydae op die rekenaar ingevoer tesame met die lammers se gewig.

Hy kan dus bereken hoeveel voer die betrokke week gevreet is en wat die totale toename in gewig was. Só kan hy sy inkomste en uitgawes vir die week bereken.

“As ek dit nie gemeet het nie, sou ek dit nie geweet het nie.” Sy speensyfer is tans 125-135%, maar die kudde het ’n groot persentasie jong ooie wat nog sal verbeter.

Deurlopende inkomste

In ’n melkboerdery is daar ’n maandelikse melktjek, en Du Plooy wou dié konsep van ’n deurlopende inkomste in sy boerdery inbou. Sy mikpunt is om minstens elke 60-90 dae ’n inkomste in te kry.

“In die konvensionele skaapbedryf word daar een keer per jaar gelam, en slaglammers word een keer per jaar verkoop.”

Indien die boer skeer, is daar een en ’n halwe tjek per jaar wat inkom op ’n agtmaande-stelsel, en dié geld moet regdeur die jaar hou, selfs deur die droogte wanneer voer aangekoop moet word. Om ’n deurlopende lammeroes te kry, is die ooie in drie groepe verdeel.

Die ooie word in ’n agtmaande-stelsel gedek, wat beteken daar is elke 90 dae ’n nuwe trop wat lam. Omdat die lammers egter nie almal teen dieselfde pas groei nie, word lammers regdeur die jaar bemark.

Tans word lammers in 40 weke van die jaar bemark. Die mikpunt is om in 48 weke van die 52 weke lammers te hê. Dieselfde stelsel word met die wol gevolg. Dus word daar elke 90 dae ’n trop ooie geskeer.

“Só kry ons elke 90 dae ’n wol- en lammerinkomste.” Du Plooy maak van laparoskopiese inseminasie gebruik om die groepe te dek. Daarvolgens kan hy ook bepaal watter ramme die topramme in sy kudde is.

Omdat vleisproduksie ’n groter impak op sy boerdery-inkomste het as die wol, selekteer hy vir vleisproduksie. Hy gebruik Dormer-ramme by die ooie.

Danksy die basterkrag kry hy ’n sterker lam wat vinniger groei. Slegs ramme waarvoor data oor die groeivermoë beskikbaar is, word aangekoop.

Danksy die data wat hy insamel, weet hy reeds watter ramme lewer die meeste, swaarste of vinnig-groeiendste lammers. Hy koop tans eerder vervangingsooie in as om dit self te teel.

Omdat die lammers se voerrantsoene tot die minimum beperk is, het hy geen probleme met diarree nie.

Dieregesondheid

Om eerder voorbereid te wees as om nasorg te tref, is nóg ’n waarde op die plaas. Mismonsters van die kudde word elke Maandag geneem om ’n oog op die wurmtelling te hou.

“Ons boere kan maklik reageer op wat ons sien, maar reageer nie maklik op die subkliniese simptome nie. Indien ons nie gaan leer om die subkliniese aspekte te verstaan nie, gaan ons nie ons diere gesond hou nie.”

Mismonsters word in die kampe geneem, in aparte sakkies vir elke ouderdomsgroep of stadium van laktasie, en na die veearts gestuur vir ontleding.

Só weet Du Plooy indien daar enige gesondheidsprobleme in sy kudde is nog voor die simptome wys. Diarree is ’n groot kwessie in voerkrale, maar Du Plooy gee aandag hieraan deur die klem eerder te plaas op die manier waarop die diere gevoer word as wat vir die diere gevoer word.

Hierdeur het hy nog geen diarree gehad by die diere wat hy bemark nie. Die mikpunt is om die lammers se rantsoen regdeur die dag konstant te hou en te keer dat lammers te veel verskillende soorte voer kry, wat onder meer gekoppel is aan die wisselende melkgehalte van die ooi.

Die ooi se melkgehalte word konstant gehou deur haar daaglikse rantsoen te versprei oor agt sessies van 250-300 g per keer. Die ooie is nie oorvol nie, suip ongeveer 75% meer water as in kampe waar die rantsoen nie opgedeel is nie, en het sodoende gesonder pense.

Indien die ooi alles op een slag kry, is die kans op suurpens groter, wat tot ’n verandering in die melkgehalte lei. Die hoeveelheid voerkorrels is volgens ’n berekening van die hoeveelheid korrels wat ’n skaap in vyf minute kan vreet, sodat daar niks oorbly waaraan die lam kan vreet nie.

Die lam kry dus net melk van konstante gehalte, kruipvoerkorrels en dalk van die tef wat uitgesit word vir die ooie, asook water. Du Plooy gebruik ’n voerder wat in die varkbedryf aangewend word.

Die voerder word met ’n wenas (winch) oopgetrek. Dié wenas is aan ’n tydmeganisme gekoppel wat korrels elke drie uur in die bak uitlaat. Ooie kan nie individueel gevoer word nie, maar word met die skaal in gewigskategorieë saam in ’n kamp gesit.

Die hoeveelheid voer per kamp word dan volgens die gewigsklas gegee. Die lamhokke waarin die ooie lam, is deur Du Plooy self ontwerp, en ’n maatskappy, Hexagon, het dit vir hom gemaak.

Skadunette was ’n vereiste, aangesien hy danksy die melkbedryf weet watter impak hittestres op diere kan hê. Weens die hoë koste van staal het hy ’n maatskappy wat groentetonnels vervaardig, genader om afdakke van plastiek vir hom te maak wat hy ook self ontwerp het. Hoewel die wind verwoed kan waai in die gebied, staan die afdakke steeds hul man.

Al die plaas se ooie word in een trop gejaag wanneer hulle veld toe gaan, waar drukbeweiding toe­gepas word.
Die sorteerkrale vir die skape is onderdak in die skeerskuur gebou om die diere en werkers se blootstelling aan die son te verminder.
Om sy plaas te bemark, het Du Plooy die metaalwerk wat hy self gedoen het, by die ingang langs die R75 opgerig met die plaas se Instagram- rekening daarop.

Ondersteun gemeenskap

Die plaas se produkte word sover moontlik plaaslik bemark. Die speenlammers word plaaslik bemark by mnr. Eric Heydenrych se slaghuis, Karnoor Meats. Verder word aankope sover moontlik op Jansenville gedoen.

“Ons moet ons gemeenskap ondersteun en aan die gang hou.” Die lammers word Maandagoggende gelaai. Du Plooy kry reeds teen middagete die gewigte van die lammers en weet dan wat die inkomste uit die lammers is.

Al is die prys soms laer as op ander plekke, verloor die diere nie gewig tydens die vervoer en wanneer hulle ’n ruk lank op kraal staan nie. Dit maak dit vir hom die moeite werd om eerder sy slagdiere aan een koper te verkoop as om rond te soek vir die beste pryse.

Drukbeweiding

Drukbeweiding word op Rietgat toegepas, en al die ooie word saam in een trop in ’n kamp gejaag, waar dié grasvreters eerste die kamp bewei. Sodra die ooie na ’n volgende kamp geskuif word, word die Angora-kapaters ingejaag wat dan die blaarbiomassa benut, saam met die wild in die kamp.

Die kampe van gemiddeld 150 ha word vir 14-15 maande gerus voordat die volgende trop ingejaag word, sodat die kamp elke keer in ’n ander seisoen bewei word.

Die ooie is ongeveer 28 dae in ’n kamp. Indien die kos in die kamp nie voldoende vir die tydperk is nie, sal Du Plooy eerder kos aankoop voor hy na die volgende kamp oorskuif, “om te voorkom dat ek my eie stert begin rondjaag”.

Die trop wat vir lam of skeer moet gaan, word elke keer met gemak uit die groot trop geskei danksy die sorteerkraal. Aangesien die ooie gereeld vir sortering ingebring word, is hulle gewoond aan die geriewe en hulle ervaar sodoende minimale stres.

Presisieboerdery

Een van die belangrikste lesse wat Du Plooy by sy skoonpa geleer het, is om begrotings op te stel. Danksy die begrotings weet hy waar hy met sy boerdery staan. Vir hom behels presisieboerdery om berekende besluite te kan neem danksy inligting wat beskikbaar is.

Daarom meet hy om te kan weet, sê Du Plooy. Hy meen presisieboerdery is nie net gegrond op tegnologie nie, maar behels ook dat ’n boer al sy hulpbronne en vermoëns as ’n syfer moet neerpen sodat ’n optimale gemiddelde waarde vir die plaas ontwikkel kan word.

“Staan terug, kry alles op die weegskaal en meet alles waarmee jy besig is. Indien jy water gebruik, kry ’n manier om dit te meet. Dieselfde met die grond. Dit hoef nie in randwaarde te wees, nie, maar kry ’n syfer waarmee jy jou boerdery kan meet.

“As jy by ’n groot boerdery kom, ry die tweede of opeenvolgende geslag meermale ’n golf wat gevorm is deur ’n klip wat voor hom in die water gegooi is.

“Indien die vorige geslag nie iets inspirerends begin het nie, sou groot boerderye dalk nie tot stand gekom het nie. Dit inspireer weer die volgende geslag om ook iets inspirerends te doen,” sê Du Plooy.

Al wil hy nie druk op sy kinders plaas om eendag te boer nie, sal sy passie, liefde vir die natuur en waardes van boerdery hopelik sy kinders inspireer om te gaan boer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
+0.6%
Rand - Pond
20.18
+0.1%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.03
+0.5%
Silwer
20.86
+0.7%
Palladium
2,335.00
+5.0%
Platinum
920.50
+1.8%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,406
+2.7%
Alle aandele
65,892
+2.6%
Hulpbronne 10
63,762
+3.4%
Industriële 25
79,479
+2.5%
Finansiële 15
14,071
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot