
Rene Theron van Murryasburg het die meegaande video en storie aangestuur. “By Kweperlaan-koffiewinkel kom daar 'n boer en sy dogter in en die dogter het 'n klein baba-uiltjie op haar skouer. Hulle het die uiltjie 'n week of wat gelede in die pad opgetel waar dit skynbaar uit sy nes gewaai het want hy sê die wind was die vorige aand vreeslik erg. Toe het die ou dingetjie nog nie eens donsies gehad nie.
“Volgens hulle is dit 'n Gevlekte Kaapse Ooruil. Die uiltjie is tog te fraai en só oulik en niks bang vir mense nie. Sy sê sy voer hom muise en een van die werkers op die plaas moet nou help om muise te jag!”