Die JC Braunvieh-stoetery se bydrae tot die prestasie van en toekenning aan N 12-29, wat as vanjaar se Braunvieh-Elite-koei aangewys is, is gering. “Ons het net reg gekoop op Eduan Braunvieh se produksieveiling in 2021.
Eduan het die harde werk gedoen. Geluk aan hulle,” sê mnr. André Reitsma, eienaar van JC Braunvieh. Sy stoetery is relatief jonk vergeleke met kuddes wat tot 80 jaar oud is.
Hy besit nie grond nie – hy huur weiding by Boetsap en boer om ’n deel van die aanteel op ’n plaas by Petrus Steyn. Die Braunvieh is baie aanpasbaar en kom in al nege provinsies van Suid-Afrika voor.