Gelukkig beskik Afrika reeds oor uitsonderlik aanpaste diereteelmateriaal, en genomika kan dit nou ten volle ontsluit.
Hewige vloede en veldbrande het in die 2021-’22- somerseisoen in Suider-Afrika voorgekom, en luidens ’n nuwe verslag lyk dit of die tempo van styging in oppervlaktemperature in die algemeen vinniger in Afrika as in die res van die wêreld was.
Mens-geïnduseerde klimaatsverandering was die hoofaandrywer van hierdie toename. Uit die sesde verslag van die interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) wat onlangs oor Afrika uitgereik is (laai dit af by bit.ly/3JopxGV), is daar ’n paar veranderings wat uitgelig kan word.