Dit moet vinnig uitgevoer word, en die lemme moet die dier se klou skoon en sonder ’n gesukkel korter kan knip. Die regte toerusting verminder ook stresvlakke vir mens en dier.
Die nuwe Felco 50-klouknipper maak korte mette van hierdie behoeftes. Felco, ’n Switserse maatskappy, is in Suid-Afrika veral bekend om sy snoeiskêre.
Die groot voordeel van die Felco 50 se ontwerp is die gekrulde boonste handvatsel wat die krag wat jy nodig het om die snit te maak, met sowat 30% verminder en dus ook die wrywing op ’n mens se hand verlig. Die lemme wat teen ’n hoek gemonteer is, vergemaklik ook die taak.