Al vyf die kommunale streke het deelgeneem in vier kategorieë, naamlik lammers, tweetand-ooie, vier-tot-sestand-ooie en ramme.
Die ooie is deur die boere self geteel, met die ramme wat aangekoop word. Die beoordelaars was veral beïndruk met die goeie gehalte van die ooie se wol.
Daar heers egter kommer oor die gehalte van die ramme en die uiteindelike invloed in die kommunale kuddes.