AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6900
-20,00
CORN
19 Okt
-
3075
-10,00
SOYA
19 Okt
-
7162
-43,00
SUNS
19 Okt
-
10615
12,00
WEAT
19 Okt
-
5725
-17,00
WMAZ
19 Okt
-
3186,4
-13,60
YMAZ
19 Okt
-
3344
-12,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Kriptosporidiose hier om te bly

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
“Kriptosporidiose sal nie weggaan tensy boere dieselfde biosekerheidsmaatreëls begin toepas as wat in die kommersiële hoender- en varkbedryf geld nie.”

Só sê dr. Liezl Wasserman, veearts van Clocolan en ’n kenner op die gebied van die protosoötiese toestand kriptosporidiose. Wasserman was een van die eerste veeartse wat die uitbreking in 2013 waargeneem het en volg sedertien die organisme se spoor van verwoesting onder lammers en kalwers.

“Kriptosporidium se weerloosste slagoffers is dié met ’n ontwikkelende immuunstelsel of ’n immuunstelsel wat onder druk verkeer. Indien ’n week oue kalf of lam kriptosporidiose opdoen, is sy kanse op oorlewing feitlik nul,” sê sy.

Wasserman sê die voorkoms van kriptosporidiose loop nou saam met die Escherichia coli-bakterie en antibiotika word dus soms gebruik. “Ongelukkig kom weerstandigheid teen ons beskikbare antibiotikas al hoe meer voor.” In drie antibiogram-verslae wat van drie verskillende plase kom en wat Wasserman aan Landbouweekblad beskikbaar gestel het, kan gesien word dat die E.coli-bakterie reeds weerstandigheid teen die meeste beskikbare antibiotikas opgebou het. “Die middels waarmee ons diere kan help, word dus al hoe meer beperk,” sê Wasserman.

Een van die min oplossings is om te verseker dat biosekerheid op plase so streng moontlik is. “Kriptosporidium oorleef temperature van so laag as -10 °C en tot so hoog as 60 °C. Ons kan dus nie op die weer staatmaak om die organisme te vernietig nie.”

 ’n Oplossing van formalien of waterstofperoksied kan gebruik word om vloere en die omgewing waarbinne diere beweeg en aangehou word, te steriliseer, maar dit is nie ’n volhoubare proses nie. Voertuigbande en skoensole moet ook gereeld ontsmet word om verspreiding teë te werk. Biologiese produkte, soos die Japanese Effective Microorganisms wat plaaslik deur EMRO Suid-Afrika versprei word, plaas voordelige mikrobes in die dier se spysverteringstelsel. Dit kan ook verdun en in die omgewing gespuit word om te keer dat nadelige mikrobes vatplek kry.

Intussen is daar steeds nie ’n spesifieke middel wat plaaslik geregistreer is vir die behandeling van kriptosporidiose nie. “Dit is ’n baie moeilike organisme om te behandel. Slegs een produk, Halucor, is doeltreffend teen die protosoë. MSD, die vervaardiger van Halucor, wag egter steeds op registrasie van die produk voor dit plaaslik bemark mag word.

“Boere bly tot tyd en wyl dus afhanklik van streng bewegingsbeheer, biosekerheid, dosering en bespuiting met voordelige mikro-organismes en die versterking van die teelooie en -koeie se immuunstelsel om hul lammers en kalwers die beste kans op oorlewing te gee,” sê Wasserman. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,782.71
+1.0%
Silwer
23.74
+2.4%
Palladium
2,088.00
+3.9%
Platinum
1,057.76
+1.9%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.1%
Alle aandele
66,912
+0.1%
Hulpbronne 10
64,002
+0.5%
Industriële 25
84,631
+0.2%
Finansiële 15
13,990
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot