AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Lusernbonus ná somerreën in die Suid-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die foto is in Desember 2021 tussen Bredasdorp en Swellendam geneem. Foto: Amelia Genis
Die foto is in Desember 2021 tussen Bredasdorp en Swellendam geneem. Foto: Amelia Genis
Die somerreën in die Suid-Kaap het die oesproses belemmer, maar ’n lusernbonus tot gevolg gehad.

Goeie somerreën in November en Desember het graan- en veeboere van Swellendam en Heidelberg ’n lusernmeevaller besorg.

Die reën was genoeg om die lusern so te laat groei dat boere dit in die eerste twee weke van die jaar ten minste een keer kon sny en laat baal het. Enkele boere het verlede jaar ook ’n snysel ingekry.

Volgens boere by Heidelberg het dit nogal goeie beplanning gekos om genoeg balers te kry om al die hektare betyds te baal. “Ons werk maar so onder mekaar om alles gebaal te kry,” sê mnr. Kobus Human van Boskop by Heidelberg.

Hy boer vanjaar reeds 40 jaar, maar het die lusern nog nooit so mooi gesien nie. “Dit het al gebeur dat ons lusern sny en baal, maar ek weet nie of ons al so ’n goeie somer gehad het nie. Die toestande is nog goed, daar loop nog nie ’n skaap in die stoppels nie.”

Hy gebruik die lusern in droë tye op die plaas of vir die lammers in die voerkrale. “Dis maar ’n voerbank. Daar sal dalk ouens wees wat verkoop, maar hier naby is nie nou ’n behoefte aan lusern nie.”

Human sê omdat daar nog vog in die grond is, loop die lusern wat gesny is weer uit.

Die jaar het goed begin, sê mnr. Arno Steenkamp van Tweekop Boerdery by Heidelberg. “Ons verbeel ons ons is besproeiingsboere soos ons lusern baal. Ons het seker ’n jaar en ’n half se kwota gebaal.”

Volgens hom gebeur dit maar een keer in 12 jaar dat hulle die voorreg het om lusern te sny.

Steenkamp sê meer as 80% van die gebaalde lusern sal vir die boerdery se melkery gebruik word. Die res gaan vir die teelramme en ooie in lamkampies gebruik word.

Hulle het in die laaste drie maande van 2021 altesaam 230 mm reën gekry. “Die lusern het toe ontplof.”

Geen onkruidmededinging

Mnr. Pietman Uys, wat met graan, skape en volstruise op Sandfontein by Witsand boer, skryf die geil lusern toe aan reën en geen onkruidmededinging.

Hy beskou die lusern as ’n voerbonus en ’n besparing op koste, veral by sy volstruise.

Behalwe die koste van sny, baal en inry, was daar nie ander koste nie. Die lusern is laas bemes toe dit gevestig is. Hulle het gereeld die onkruid bekamp. “Omdat daar nie mededinging van onkruide was nie, is die lusernopbrengs skoon en die stand en lengte van die lusern goed.”

Die droëlandlusern wat boere in die Suid-Kaap as weiding by wisselboustelsels insluit, is hoofsaaklik die kultivar SA Standaard.

Lusern kan net in snags gebaal word, sê mnr. Cobus Willemse van Weltevrede by Heidelberg, wat die afgelope tyd moes bontstaan om al die lusern te baal. Hy het ’n melkery en doen ook kontrakwerk vir ander boere.

Hy sê dit het al een keer gebeur dat hulle in Januarie en weer in Maart lusern gebaal het.

Byeboere

Die lusernmeevaller is nie net vir veeboere van waarde nie. Byeboere, soos mnr. John Moodie van Honeywood Farm by Suurbraak, was besig om lusernheuning te botteleer toe Landbouweekblad bel.

“Gewoonlik het ons net bloekomheuning dié tyd van die jaar. Die somer was die beste in die afgelope tien jaar. Die bloekombome het ook laat geblom.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.12
+0.4%
Rand - Euro
17.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot