MAJESTUEUS. Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het op 18 Junie die hoogste prys van R1,65 miljoen op die nasionale Ankole-veiling op Bela-Bela behaal. Die verkoper was mnr. Daniel Naudé van Yonder Hill Wine Farm, Stellenbosch. Die aanlyn koper se naam is nie bekend gemaak nie. Die veiling is op die wildplaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa aangebied, maar hy het nie die veiling fisiek bygewoon nie. Ander hoë pryse op die veiling sluit in SA rekordpryse van R950 000
vir ’n Ankole-vers en R340 000 vir ’n dragtige vers, wat albei aan dr. Morné de la Rey van Brits behoort. Die totale omset van die veiling was
R20,5 miljoen, en Veilingswinkel het dit aangebied. Foto: DANIEL NAUDÉ
Daar is onlangs ’n suksesvolle veiling van Ankole-beeste op pres. Cyril Ramaphosa se plaas gehou. Hierdie pragtige, geharde beeste het baie goeie pryse behaal. ’n Vers van Ramaphosa het byvoorbeeld die uitstekende prys van R675 000 behaal, en hy is R2,48 miljoen ryker ná die veiling.
Die opbrengs uit sy beeste was dus goed. Dit is omdat hy voorheen ’n goeie belegging gemaak het. Ons kan seker wees Ramaphosa het seker gemaak die beeste wat hy verkoop het, is vir vrugbaarheid getoets sodat hulle as teeldiere goeie opbrengste sal lewer.
Nou wonder ’n mens hoekom hy dan ’n plan bevorder wat die Staatsdienspensioenfonds kan verplig om ’n belegging van R86 miljard in aandele in ’n bankrotgesteelde Eskom te omskep.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.